Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse medeleraar
Fokus: Jeug- en gesinsbediening
Sluitingsdatum: 30 April 2021
Gemeenteprofiel:
Rant-en-Dal Prisma is ’n voorstedelike gemeente in Krugersdorp met ongeveer 1 300 lidmate, wat bestaan uit 1 000 belydende en 300 dooplidmate. Die gemeente is dinamies, het ’n informele bedieningstyl en stel ’n groot prys op die bediening van jongmense en hulle gesinne. Die gemeente het 2 (twee) leraarsposte, waarvan 1 (een) tans vakant is.
Leraarsprofiel:
- Moet ’n gelegitimeerde predikant binne die NG Kerk wees.
- Effektief binne die leefwêreld van jongmense en hulle ouers kan bedien.
- Die geskikte kandidaat moet goed in spanverband kan saamwerk, energiek, kreatief en vernuwend kan dink.
- Die persoon sal benewens die normale pligte soos omskryf in Artikel 9 van die kerkorde spesiaal fokus op jeug- en gesinsbediening.
Vergoeding:
- Onderhandelbaar volgens sinodale riglyne.
- Normale voordele en toelaes.
Aansoeke:
- Aansoeke moet vergesel word van ’n CV nie langer as 4 (vier) bladsye nie, asook ’n vraelys wat beskikbaar is op aanvraag by die kerkkantoor.
- Aansoeke en vraelyste kan gestuur word na admin@rantendalprisma.co.za en moet die kerkkantoor bereik teen 30 April 2021.
- Die geskikte kandidate sal genooi word vir ’n onderhoud en moet bereid wees om 2 (twee) preekgeleenthede waar te neem op dieselfde dag (oggend en aand).
Navrae:
- Ds Wimpie Wasserman – 082 708 1242 of wimpie@rantendalprisma.co.za
- Solly Bellingan – 083 400 8000 of solly@rantendalprisma.co.za
Die bestuursraad van NG gemeente Rant-en-Dal Prisma behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
Geborg
