Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Medeleraar
Sluitingsdatum: 30 April 2021
Gemeenteprofiel:
NG Doringkruin is ’n makrogemeente in ’n plattelandse stad in Noordwes met meer as 2 500 lidmate (belydend en doop) waarvan 83% in die ouderdomskategorie van 0-59 jaar val. Ten einde optimale geestelike bediening op elke vlak te verseker – en die gemeente se eietydse bedieningstyl te versterk – is ons opgewonde daaroor om ’n derde leraar by ons huidige twee leraars te voeg.
Leraarsprofiel:
- Moet verkieslik tussen 25 en 35 jaar oud wees.
- ’n Dinamiese persoon wat tuishoort in ’n vernuwende gemeente.
- ’n Spanspeler en verhoudingsmens.
- Beskik oor ’n passie vir dissipelmaking.
Fokusareas van die pos:
- Hoërskooljeug (13-18 jaar ouderdomsgroep).
- Jong volwassenes (18-35 jaar ouderdomsgroep).
- Mannebediening.
- Dinamiese prediking.
- Alle ander pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding:
Alles-insluitende pakket met sinodale skaal 5 as riglyn.
Aansoeke:
- Verskaf ’n volledige CV per e-pos aan kommunikasie@ngdoringkruin.co.za
- Spesifiseer watter VBO-geleenthede in die afgelope 12 maande bygewoon is.
- U kan moontlik genooi word vir ’n onderhoud en preekbeurt.
- Die kerkraad is nie verplig om ’n aanstelling te maak nie.
Navrae:
- Ds Lombard van Niekerk (Leierleraar): 082 785 7463
- Me Carlien Mynhardt (Skakelbeampte): 018 468 5002 – Maandag tot Vrydag 08:00 – 13:00.
Sluitingsdatum: 30 April 2021.
Geborg
