Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Medeleraarspos
Sluitingsdatum: 31 Mei 2021 om 13:00
Die Here roep sy kerk om een te wees. Bredasdorp-gemeente probeer om gehoorsaam te wees aan daardie roeping. Ons gemeente (VGK en NGK) stap die pad saam en leer wat dit beteken om in Suid-Afrika mekaar lief te hê. Die Here stuur ons as eenheidsgemeente om die kerk van die toekoms, vandag te wees. Ons droom is om ’n nuwe generasie dissipels op te rig wat in die Koninkryk van God werk.
Ons nooi alle gelegitimeerdes in die VGK en NGK om te hoor of die Here jou roep om saam met ons die pad te stap.
Ons glo die Here roep ons gesamentlik om op die volgende te fokus:
- Die bediening aan jongmense, veral skoolgaande jeug, en hul gesinne.
- Die bediening van versoening.
- Kreatiewe missionale bediening van geregtigheid.
Ons verwag van kandidate om in ’n sterk diverse span te kan werk.
As jy belangstel benodig ons ’n volledige CV met twee referente en een bladsy waar jy vir ons skryf oor die volgende:
Wat dink jy is God se toekomsdroom vir Suid-Afrika?
Vergoedingspakket is saamgestel uit ’n gesamentlike begroting van die twee saamgevoegde gemeentes, en wel op Posvlak 3 van die NG Kerk se sinodale skaal, met byvoordele, wat gratis verblyf in die pastorie insluit.
Sluitingsdatum: 31 Mei 2021 om 13:00.
Voorlopige aanvangsdatum: 31 Oktober 2021.
Aansoeke kan gestuur word aan: kantoor1@bredasdorpgemeente.co.za
Vir enige navrae kontak ds Arné Leuvennink by 082 890 4749 en weeksdae tussen 08:00- 09:00.
