Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Ruyterwacht (Gemeenskapskerk)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Deeltydse leraar
Sluitingsdatum: 31 Mei 2021


Hiermee word ’n deeltydse predikantspos (onbepaalde termyn) in die NG Gemeente Ruyterwacht bekend gestel.

GEMEENTEPROFIEL:

Ruyterwacht-gemeente is ’n multikulturele gemeenskapskerk geleë in die noordelike voorstede van Kaapstad. Die gemeente het ongeveer 600 belydende en 200 dooplidmate. Die gemeente is geleë in ’n finansieel marginale gebied, maar bied ook geleentheid vir groot vervulling.

Die gemeente se oogmerke is:
Om huidige lidmate, maar ook kerkvreemdes en kerklos mense oor die hele spektrum heen (jeug, volwassenes en senior lidmate) te bedien en deel te maak van die gemeente, en om vernuwend te dink en goeie verhoudings te skep.

LERAARSPROFIEL:

  • ’n Predikant van die NG Kerkfamilie.
  • ’n Passie vir aktuele Woordverkondiging en die bediening.
  • Goeie menseverhoudinge om in ’n multikulturele omgewing die gemeente te kan uitbou.
  • Gereelde kontak met lidmate te maak deur middel van pastorale ondersteuning en huisbesoeke.
  • Vaardighede om die gemeente missionaal te kan begelei.
  • Beslis nie dolerend wees nie.

PLIGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE:

’n Diensooreenkoms en pligtestaat sal met die suksesvolle applikant onderhandel word.

VERGOEDING:

’n Totale koste vir indiensneming van R20 000 per maand kan aangebied word. Pligte en diensure sal dienooreenkomstig proporsioneel onderhandel word. Geen pastorie is beskikbaar nie.

AANSOEKE:

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud. Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling te maak nie. Kandidate word versoek om ’n volledige CV en kontakbesonderhede van minstens drie referente te stuur aan: ngkruyterwacht@telkomsa.net

Aansoeke moet die kerkkantoor bereik teen 31 Mei 2021.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.