Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Virginia

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG Virginia wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

Vakature: Vastetermynpos
Sluitingsdatum: 31 Mei 2021


Gemeenteprofiel:

Virginia is ’n plattelandse dorp in die Vrystaat wat grotendeels bestaan uit ’n myngemeenskap. Die gemeente bestaan uit ongeveer 400 belydende en 100 dooplidmate.

Leraarsprofiel:

’n Gelegitimeerde leraar of proponent van die NG Kerk wat begrip en liefde toon vir ’n plattelandse gemeenskap se unieke behoeftes en omstandighede.

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Oortuig wees van die roeping van die Here om as leraar diensbaar te wees in die gemeente.
  • Skrifgetroue Woordverkondiging doen, geheg wees aan die gereformeerde leer en belydenisskrifte van die kerk.
  • ’n Hart hê vir die aktiewe bediening met die doel om ’n verskil te maak in ons gemeenskap, gemaklik wees met huisbesoek en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadiums.
  • ’n Passie hê vir ons kinders, jeug en jongmense in die gemeente.
  • Beskik oor leierseienskappe om die gemeente in alle fasette (erediens, kategese,Bybelstudie, gemeentelike bedieninge, ens) te laat groei en betrokke wees by die organisering van funksies.
  • Verkieslik op salariskerf 1 tot 4 wees.

Vergoeding en voordele:

  • ’n Vergoedingspakket binne die raamwerk van die sinodale skaal word aangebied.
  • Die volledige vergoedingspakket, wat ’n ruim pastorie insluit, sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Aansoeke:

’n Volledige CV met persoonlike besonderhede, onlangse foto, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur aan: ngvirginia@xsinet.co.za
Kandidate mag vir ’n onderhoud en preekbeurt genooi word.

Sluitingsdatum: 31 Mei 2021.

Navrae:

  • Rika Haasbroek 082 928 6045.
  • Gerda Pienaar 083 627 3953.
  • Skriba: Gerda van Zyl 072 384 6471.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.