Oor (ander se) swaarkry

’n Pleidooi om vrede voel voor die hand liggend wanneer geboue inplof onder missielvuur en mense – oud en jonk – sterf teen die tempo wat ons tans in die Midde-Ooste aanskou.

Tussen 10 en 19 Mei het 227 mense in Gasa en 12 in Israel gesterf. In Oos-Jerusalem en die Wesoewer is meer as 4 800 mense in dieselfde tydperk beseer en ’n verdere 24 dood, volgens data wat die Al Jazeera-nuusdiens onder meer by Gasa se departement van gesondheid kry.

Lees ook: Waar onskuldige burgers sterf, is dit eenvoudig menseregtevergrype

Joernalistiek gesproke werk dit, as “ontwikkelende nuusstorie”, op ten minste drie vlakke.

Die een is syfergedrewe. Morbiede data wat toon dat 68 uit die bogenoemde dodetal kinders was. Nog ’n deel van daardie snelle berekenings lui iets soos hierdie twiet deur Israel Defense Forces wat regstreekse inligting aan sowat 1,4 m volgelinge bied:

“Not 1.

Not 2.

Not 3.

4,000 rockets were fired from Gaza toward Israel in the last 10 days.

We will continue to defend Israel.”

Naas die data is daar die politieke vlak van dié wat onder andere vanaf eie bodem deur pres Cyril Ramaphosa aangespreek is deur ’n vergelyking met Suid-Afrika se destydse apartheidspolitiek te trek: “The latest violence was sparked by an Israeli court decision to evict a group of families from their homes in the Sheikh Jarrah neighbourhood in East Jerusalem to make way for Israeli settlements,” skryf Ramaphosa op 17 Mei in sy weeklikse nuusbrief. “The sight of men, women and children being evicted from the homes their families have lived in for generations brings back painful collective and personal memories for the majority of South Africans – of forced removals and land dispossession. Die president praat uit persoonlike ervaring wanneer hy skryf: “Being forced from one’s home at gunpoint is a trauma not easily forgotten, and is carried across generations. As a country we are still living with the residual effects of the callous acts carried out in the name of apartheid spatial planning.”

Lees ook | Dana Snyman: As ’n preek jou bang en leeg laat

Nie almal deel sy politiek nie. In Israel sal jy met mense kon gesels soos Gideon Shimoni. Die Suid-Afrikaansgebore emeritusprofessor aan die Hebrew University of Jerusalem kies om die verskil tussen apartheid-era Suid-Afrika en hedendaagse Israel uit te lig. “Israel is a democracy in which every citizen whether Arab or Jew has the same rights … in principle. There is prejudice, there is discrimination, these are things that happen in every society but it’s not a system, which apartheid was, which is statutory division into classes, into categories by race and from birth to death everything is determined by race categorisation … this doesn’t exist in Israel. In Israel we have a supreme court, upon which Arab citizens of Israel sit, who put a president in jail!” het Shimoni in Desember 2018 in ’n onderhoud in sy woning in Jerusalem verduidelik.

“The evil of apartheid was that this was legalised statutory discrimination,” meen hy.

Ramaphosa se punt in sy onlangse skrywe is natuurlik juis dat die euwel van apartheid nie net wetgewing was nie. Hy skryf: “Just as Israeli security forces were attacking worshippers at the Al Aqsa Mosque, we in South Africa were preparing to commemorate the centenary of the Bulhoek Massacre at a religious site in Ntabelanga in the Eastern Cape. On 24 May 1921, colonial security forces armed with machine guns and artillery opened fire on worshippers, killing more than 160 people and wounding nearly 130. The massacre laid bare the brutality not only of the police force of the Union of South Africa, but also the racist system that it was charged to uphold.”

Lees ook | Cas Wepener: En die dood is mooi

Wat ons by die derde vlak van die storie bring – gesneller deur die frase “laid bare” … Die derde is die visuele aspek van konflik in ’n era met ongekende burgerlike joernalistiek tesame met perkelose sosiale media-dekking. Data kan “praat” van 68 kinders wat sterf, maar ’n foto van een kind wat leweloos uit puin gelig word, omring deur volwassenes wie se gesigte vertrek van pyn en hartseer, vertel die storie op ’n ander manier. Die gesegde is dat ’n foto ’n duisend woorde saamryg. Dat dit selfs woorde troef. Dink ’n mens aan die Soweto-opstand van 1976 doem Sam Nzima se foto by jou op – waar Hector Pieterson in die arms gedra word. Die emosionele lading van daardie foto verminder nie met tyd nie, inteendeel.

Maar selfs die visuele het nie die laaste woord nie. Televisie en slimfone kan optree as megafoon vir lyding, maar die verhouding met die kyker is kompleks, verduidelik Jean Seaton in ’n 2005-studie oor nuusdekking van geweld. “The news legitimates pains and arranges them into hierarchies. It articulates and shapes fears,” skryf Seaton in Carnage and the media. “Audiences view distant news suffering collectively, yet are often apparently indifferent for many reasons. One is that the news rarely gives the end of the story, tragedy replaces another in a succession of misery.”

Die kyker sukkel weldra om soorte swaarkry te onderskei en vind selde afsluiting van enige aard. Klink dit bekend?

Word 'n vriend van Kerkbode