Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar (Permanente pos)
Sluitingsdatum: 31 Julie 2021
GEMEENTEPROFIEL:
Hluhluwe is geleë in Noord-Natal en is deel van die Ring van Melmoth (Sinode KwaZulu-Natal). Ons gemeente is klein, maar beslaan ’n groot area van Jozini, Mkuze, Kwanganase en Hluhluwe. Ons is geleë in die hartjie van Zululand. Dit is ’n boerderygebied: pynappels, beeste en wild. Van die grootste wildtuine is hier, nl Hluhluwe-Umfolozi wildtuin, Valsbaai Park en Mkuze Wildtuin.
Die gemeente het alles wat nodig is om ’n besonderse gemeente te wees wat die boodskap van liefde aan die gemeenskap kan uitdra. Die gemeente het ’n amptelike ledetal van 140 en 41 besoekpunte. Daar is twee laerskole, een staats- en een privaatskool. Die naaste hoërskole is Pongola, Vryheid, Empangeni, Kwambonambi en Felixton.
Die gemeente beskik oor ’n doelmatige kerkgebou, ruim pastorie met ’n boorgat asook ’n voertuig (4×4 bakkie).
LERAARSPROFIEL:
In aansluiting by ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar …
- Iemand wees wat die Here lief het en ’n roeping het om in sy diens te staan.
- Entoesiasties wees oor gereformeerde Skrifgetroue prediking.
- ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees.
- Pastorale versorging as belangrik ag.
- Leiding kan neem en met die kerkraad en gemeente as span kan saamwerk.
- Rekenaartegnologie en ander digitale media in sy bediening kan gebruik.
- Jeug kan inspireer om betrokke te wees by die kerk, maar wat ook die behoeftes van ouer mense kan aanspreek.
- Tradisionele eredienste met behoefte aan alternatiewe, meer informele byeenkomste.
VERGOEDING:
- Onderhandelbaar met sinodale skaal as riglyn, tot by kerf 5.
- Pastorie met munisipale dienste, selfoontoelaag en voertuig.
AANSOEK:
- CV met die toepaslike referente (elektronies) aan die skriba.
- Geselekteerde kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude via Zoom en ’n preek op die internet laai.
SLUITINGSDATUM: 31 Julie 2021.
DIENSAANVAARDING: 1 Oktober 2021 of so gou moontlik daarna.
NAVRAE:
- Skriba: ngk-hlu@mweb.co.za
- Leierouderling: Johann Swanepoel (072 126 3401) of mazuripines@gmail.com
