Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk in Suid-Afrika

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Saakgelastigde
Sluitingsdatum: 23 Augustus 2021 om 12:00


Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika maak die vakature vir ’n PSD (predikant in sinodale diens) in die Diensgroep vir Ondersteuningsdienste bekend.

Die Saakgelastigde (soos hierdie pos bekendstaan) se uitgebreide verantwoordelikhede kan vanaf die webwerf gelaai word: https://www.kaapkerkadmin.co.za/poste

OPSOMMENDE VERANTWOORDELIKHEDE:

  • Doeltreffende bestuur van die NG Kerk in SA se finansies, eiendomme, personeelsake, kommunikasie en regsfunksies.
  • Predikante Pensioenfonds en Amptenare Pensioenfonds.
  • Finansiële pligte word op deelnemende wyse uitgevoer met die hulp van ’n bestuurspan, spesialiste uit die mark en in oorleg met die Taakspan vir Finansies en Administrasie en trustees van die onderskeie pensioenfondse.

VEREISTES:

  • ’n Geordende gemeentepredikant van die NG Kerk.
  • Bewese ervaring en insig ten opsigte van die realiteite wat die kerk in 2021 beleef, met die roeping om in hierdie verband Skrifgetroue leiding te gee.
  • Kennis van finansiële bestuur, begrotingsbestuur en -beheer.
  • Bewese administratiewe en bestuursvaardighede – veral binne spanverband.
  • Visionêre leierskap en goeie kommunikasievaardighede.
  • Beskikbaar vanaf 1 Februarie 2022.

VERGOEDINGSPAKKET: Volgens die NG Kerk in SA se skaal vir PSD’s.

SLUITINGSDATUM: Maandag 23 Augustus 2021 om 12:00.

Stuur u aansoek as een PDF per e-pos aan: ngkadmin@kaapkerk.co.za

NAVRAE: Persoonlike navrae kan aan die voorsitter van die pre-advies taakspan, ds Nelis Janse van Rensburg (082 821 2730), gerig word.

Sien ook: https://kaapkerkadmin.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.