Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
Sluitingsdatum: 31 Augustus 2021
GEMEENTEPROFIEL:
- Potchefstroom-Vyfhoek is ’n voorstedelike eenmansgemeente met plaaswyke geleë in die ooste van Potchefstroom in Noordwes-Provinsie en is deel van die Goudland Sinode.
- Van karakter is die gemeente sterk behoudend met Gereformeerde spiritualiteit en stel ’n hoë premie op Skrifgetroue prediking.
LERAARSPROFIEL:
In aansluiting by ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar …
- Iemand wees wat die Here liefhet en ’n roeping het om in sy diens te staan.
- Entoesiasties wees oor Skrifgetroue prediking.
- Verkieslik ’n gelegitimeerde van die NG Kerk wees.
- Pastorale versorging as belangrik ag.
- Leiding kan neem en met die kerkraad en gemeente as span kan saamwerk.
- Rekenaartegnologie en ander digitale media in sy bediening kan gebruik.
- Jeug kan inspireer om betrokke te wees by die kerk, maar wat ook die behoeftes van ouer mense kan aanspreek.
VERGOEDING:
- Vergoeding en byvoordele sal wees in lyn met die riglyne van die Algemene Sinode.
- ’n Behuisingstoelaag word voorsien maar ’n pastorie is ook beskikbaar.
AANSOEKE:
- Volledige CV met drie toepaslike referente (elektronies) aan die kerkkantoor.
- Geselekteerde kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude in die week en ’n preekbeurt op ’n Sondag.
- Verskaf ’n skakel van ’n YouTube preek of kerkdiens. (Nie verpligtend nie)
SLUITINGSDATUM: 31 Augustus 2021.
DIENSAANVAARDING: 1 April 2022.
NAVRAE:
- Kerkkantoor: ngvyfhoek@gmail.com (018 290 5988).
- Ouderling: Peter Schön (072 217 2426) peter46schon@gmail.com
Die kerkraad hou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
Geborg
