Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Tutela (Voormalige CMR) Gesinsorg

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakante pos: Senior Maatskaplike werker
Tutela (Voormalige CMR) Gesinsorg
Kantoor Delmas, posverwysingsnommer: TD01
31 Augustus 2021


Pos beskikbaar:

Die geskikte kandidaat moet beskik oor ervaring en vaardigheid in al die velde van Maatskaplike werk.

Tutela funksioneer as ’n Christelike, geloofgebaseerde, kerklike organisasie. Die suksesvolle kandidaat moet haar/homself kan vereenselwig met en kan werk binne die etos en karakter van die organisasie.

Minimum vereistes:

  • Graad in Maatskaplike werk.
  • Geregistreer wees by en jaargelde betaal vir 2021/22 by die Raad vir Maatskaplike Werkers (SACSSP).
  • Beskik oor eie vervoer.
  • Taalvaardigheid in AFRIKAANS. Engels as 2de taal sal tot u voordeel wees.
  • Beskik oor 10 jaar ervaring in Maatskaplike werk.
  • Rekenaar- en tegnologievaardig wees.
  • Gemaklik met openbare optredes.
  • Goeie verhoudings kan bou en kreatief en innoverend kan dink.
  • Beskik oor goeie fisiese en geestelike gesondheid.
  • Gewillig wees om kwaliteit dienste te lewer aan alle rasse en geslagte en ouderdomsgroepe.

Ervaring:

  • Goeie assessering kan doen en dienste kan lewer aan alle kinders en families.
  • Terapeutiese vaardighede sal tot u voordeel wees.
  • Ervaring en vaardighede in groepwerk.
  • Ervaring en vaardigheid in gemeenskapontwikkeling en gemeenskapswerk.
  • Bewese ervaring in voorkomende en vroeë intervensiedienste.
  • Moet oor vermoë beskik om in span te kan saamwerk en netwerke te kan bou met alle rolspelers binne die sisteem.
  • In staat wees om vrywilligers op te lei en in te span.

Aansoek:

Aansoeke op die voorgeskrewe vorm voor 31 Augustus 2021.

Aansoekvorm en ander inligting is beskikbaar by:

Aansoeke moet volledig voltooi word en ’n Curriculum Vitae en alle relevante dokumente soos versoek in die aansoekvorm moet aangeheg word.

Algemeen:

  • Die werkgewer behou die reg voor om nie die pos te vul nie.
  • Geen aansoekdokumente sal herroep word nie.
  • Salaris- en werknemervoordele volgens Tutela se salarisskale en beleid.
  • Indien u geen terugvoer ontvang binne twee weke, aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.
  • Geen aansoek (CV) sal oorweeg word wat nie aan die minimum vereistes voldoen nie.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.