Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG St Helena, Welkom

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Vastetermynpos
Sluitingsdatum: 30 September 2021


Gemeenteprofiel:

Welkom is ’n plattelandse stad in die Vrystaat met ’n landelike inslag. Grotendeels bestaan die gemeenskap uit ouer lidmate sowel as ekonomies aktiewe lidmate gerugsteun deur landbou-aktiwiteite. Die gemeente bestaan uit ongeveer 290 belydende en 59 dooplidmate.

Leraarsprofiel:

’n Leraar vlak een tot vier van die NG Kerk wat begrip en liefde toon vir ’n plattelandse gemeenskap se unieke behoeftes en omstandighede.

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Oortuig wees van die roeping van die Here om as leraar diensbaar te wees in die gemeente.
  • Skrifgetroue Woordverkondiging doen, geheg wees aan die gereformeerde leer en belydenisskrifte van die kerk.
  • ’n Hart hê vir die aktiewe bediening met die doel om ’n verskil te maak in ons gemeenskap, gemaklik wees met huisbesoek en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadiums.
  • ’n Passie hê vir die bediening van die Woord aan ons ouer lidmate, jeug en jongmense in die gemeente.
  • Beskik oor leierseienskappe om die gemeente in alle fasette (erediens, kategese, Bybelstudie, gemeentelike bedieninge, ens) te laat groei en betrokke wees by die organisering van funksies en basaars.

Vergoeding en voordele:

’n Vergoedingspakket binne die raamwerk van die sinodale skaal word aangebied, verkieslik met die ondervinding gepaardgaande met ’n vlak een tot vier vergoeding. Die volledige vergoedingspakket, wat ’n ruim pastorie insluit, sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

’n Volledige CV met persoonlike besonderhede, onlangse foto, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur aan: ngsthelena@telkomsa.net

Sluitingsdatum: 30 September 2021.

Navrae:

  • Johan Botha 082 440 1387 (Leierouderling) Thys Strydom 082 569 2416 (Finansies)
  • Gerrie Groenewald 083 284 2498 (Onderleierouderling) Skriba: Hettie Speller Burls 057 352 4616

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.