Afrikaanse Christen Kerk van New Zealand (ACK van NZ)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Howick-Gemeente
Vakature: Leraarspos


Die Howick-gemeente van die Afrikaanse Christen Kerk van New Zealand (ACK van NZ) beskik tans oor ’n vakante pos vir ’n leraar wat tans in die beroep staan en wat geroepe voel om in ’n dinamiese multi-denominale gemeente te dien.

Maak asb seker dat u vir ’n werkspermit met permanente verblyf sal kwalifiseer deur die NZ Immigrasiewebblad te besoek.

U kan ’n e-pos aan my stuur waarop ek aan u ’n aansoekvorm sal stuur vir voltooiing. Indien u meer besonderhede verlang is u welkom om my te kontak: Gerrie Brits by ackhowick@gmail.com of (+64) 021 280 4557.

Word 'n vriend van Kerkbode