Rant en Dal Prisma

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Voltydse jeugwerker
Aanstellingsdatum: 1 Januarie 2022


Rant en Dal Prisma is ’n dinamiese voorstedelike gemeente wat tans deur twee leraars bedien word. Daar is ’n sterk fokus op jeugbediening wat bestaan uit:

  • Prisma Kidz: Babas tot Gr 6
  • DieSel Connect: Gr 7-10

Prisma Kidz vind hoofsaaklik op ’n Sondagoggend tydens skoolkwartale plaas en ons poog deurentyd om dit kindervriendelik en toepaslik te maak. DieSel Connect is die gemeente se tienerbediening wat hoofsaaklik ná die aanddiens op ’n Sondag plaasvind.

Die kandidaat sal nou met die jeugpredikant en die jeugspan saamwerk. Hy/sy sal onder andere verantwoordelik wees vir die beplanning en bestuur van Sondae se programme vir beide die kinders en tieners, ’n jaarlikse vakansieprogram tydens die Junie-skoolvakansie, aktiwiteite vir kinders tydens die jaarlikse basaar, weeklikse aanbiedings by plaaslike skole, kampe en nog meer.

In die lig van die huidige situasie in die wêreld, moet ons jeugwerker ’n aanlynteenwoordigheid kan handhaaf en effektief kan skakel deur verskillende media, soos byvoorbeeld WhatsApp, YouTube, Zoom, Facebook, Google Meet, Teams ens, ten einde aanlyn jeugbediening te kan bevorder en in stand te hou.

Profiel van die kandidaat

  • ’n Passie vir die Here en die vestiging van sy koninkryk.
  • ’n Passie vir bediening aan kinders en hulle ouers.
  • Toepaslike kwalifikasie en ondervinding.
  • Het ’n mate van ondervinding met jeugwerk.
  • Die nodige leiereienskappe om ’n span vrywilligers te bestuur.
  • Energiek, gemotiveerd en ’n spanspeler.
  • Kan onafhanklik werk.
  • Nie ouer as 40 jaar nie.

Vergoeding

’n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.

Aansoeke

  • Stuur ’n relevante CV na admin@rantendalprisma.co.za met ten minste drie referente.
  • CV’s moet die kerkkantoor bereik teen Donderdag, 30 September 2021.
  • ’n Volledige posbeskrywing is op aanvraag beskikbaar.

Aanstellingsdatum: 1 Januarie 2022.

Navrae

Word 'n vriend van Kerkbode