Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Witrivier

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

 

Vakature: Medeleraar
Sluitingsdatum: 27 Oktober 2021


Die NG Gemeente Witrivier, ’n plattelandse gemeente in die skilderagtige Laeveld van Mpumalanga met 1 100 belydende en 300 dooplidmate, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n voltydse medeleraarspos.

Gemeenteprofiel:

  • Die gemeente se karakter en visie is om ’n Oase van Jesusliefde te wees.
  • Die gemeente het ’n sterk musiek- en lofprysingbediening en strewe daarna om tegnologie ten volle te benut in die bereiking van ons doelwitte.
  • Die gemeente het ’n aktiewe bediening van kleingroepe.
  • Vyf fokusareas waaruit verskillende bedienings en verskeie projekte aan lidmate die kans bied om hulle gawes onder leiding van bedieningsleiers uit te leef bestaan uit: Volg Jesus, Vind Vriende, Verdiep Saam, Vertel Verder en Verantwoordelike Rentmeesters.

Posprofiel:

Daar sal van die geskikte kandidaat verwag word om verantwoordelikheid te aanvaar vir alle fasette van gemeentewerk soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde. Daar sal verder van hom/haar verwag word om onder andere die volgende funksies te verrig:

  • Inspirerende effektiewe Skrifgetroue prediking vir verskillende teikengroepe;
  • Vaardig in interaktiewe bediening in ’n digitale wêreld en aanlynbediening;
  • Bewese leierseienskap- en bestuursvaardighede wat op visionêre wyse toegepas word en in spanverband kan saamwerk;
  • Die uitbou van ’n gasvrye atmosfeer en lidmate intrek en betrek in bedieninge;
  • Opbou en uitbou van dissipelskap deur middel van onder andere kleingroepe, effektiewe bediening aan gesinne sowel as werkende jong lidmate;
  • Toerusting van lidmate vir die uitleef van hul roeping teenoor mekaar en die wêreld;
  • Bou van verhoudinge met die breër gemeenskap waarbinne NG Witrivier funksioneer.

Vergoeding:

’n Mededingende vergoedingspakket sal onderhandel word. Behuising word voorsien of ’n alternatiewe behuisingsubsidie is onderhandelbaar.

Aansoeke:

Aansoeke geskied deur middel van ’n CV, met ’n dekbrief waarin die motivering vir die aansoek uiteengesit word. Name en kontakbesonderhede van drie referente. Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud tussen 4 en 10 November 2021 en om vir ’n preekgeleentheid genooi te word. Die kandidaat moet ook bereid wees om psigometriese en gawetoetse te ondergaan. Diensaanvaarding so vroeg as moontlik in 2022.

Sluitingsdatum: 27 Oktober 2021.

Rig asseblief u aansoek en navrae aan: Thabo Pienaar (Uitvoerende bestuurder) bestuur@ngwitrivier.co.za of 083 349 6588.

Die kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.