Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Alberton-Oos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Deeltydse leraarspos (Vastetermynkontrak)
Sluitingsdatum: Vrydag 26 November 2021 om 12:00


Die gemeente maak in biddende afhanklikheid bogenoemde vakature bekend wat vanaf 1 Maart 2022 gevul moet word.

Gemeenteprofiel:

Alberton-Oos gemeente is ’n voorstedelike gemeente in Florentia, Alberton met 300 belydende en 36 dooplidmate. 60% van die belydende lidmate is bo 60 jaar. Alberton-aftree-oord is binne die gemeentegrense. Tydens ’n brugbedieningsfase is die aard en missie van die gemeente omskryf as God se liefde beweeg ons wyer. Dit is dus ’n fokus op eie lidmate (die meerderheid ouer lidmate en op ’n kleiner getal kinders) en die gemeenskap rondom ons.

Leraarsprofiel:

  • Persoon moet verkieslik ’n emeritusleraar of ouer as 55 jr wees, en onder 70 jaar, met steeds ’n passievolle uitlewing van sy/haar roeping.
  • Op kreatiewe wyse die pligte van Art 9 van die Kerkorde kan uitvoer.
  • Dinamiese en Skrifgetroue prediking met optimum gebruik van multimedia.
  • Menseverhoudinge kan bou en onderhou, ook deur huis- en siekebesoek te doen.
  • Sensitiewe pastor met ’n liefde vir die geestelike versorging van ouer lidmate, én ’n aanvoeling vir kinderbediening.
  • ’n Passie vir missionale bediening en uitreik na ons wêreld se gesondheid en redding.
  • Leierskap wat mense saamneem, iemand wat voor loop en voor bly.
  • Kreatiewe mediabediening op sosiale mediaplatforms.

Praktiese reëlings:

Die leraar moet naby genoeg aan Alberton woon om 2,5 weeksdae hier te werk en vier Sondae per maand hier te preek.

Vergoeding:

Sal met die suksesvolle kandidaat beding word, billik vir 50% verpligtinge.

Aansoeke:

  • Aansoeke (bestaande uit ’n volledige CV met besonderhede van drie referente, en ’n onlangse video-opname van preek en/of sosiale media snit) moet per e-pos gerig word aan die NG gemeente Alberton-Oos by: ngalboos@mweb.co.za
  • Aansoekers wat die kortlys haal, sal gekontak word vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt.
  • Navrae kan gerig word aan leierouderling Cor Pieterse 072 341 5368, of brugleraar dr Henk Gous 083 267 0108.
  • Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag 26 November 2021 om 12:00.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.