Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse medeleraar (Familiebediening)
Sluitingsdatum: 12 November 2021
In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.
Gemeenteprofiel
- Sonstraalgemeente is in Durbanville (Wes-Kaap) geleë. Ons bedien ongeveer 5 000 lidmate, in die volle spektrum van ouderdomme, waarvan ’n beduidende persentasie gesinne met kinders is. Die talle skole in ons omgewing bring stelselmatig ’n verjonging in ons gemeenteprofiel na vore.
- Ons slagspreuk is: Leef om te dien, en ons roepingstelling: By Sonstraal is almal welkom – hier leer ons saam om soos Christus te leef. Ons leef ons roeping uit met die waardes: genade, gasvryheid en gestuurdheid. Ons logo is in die vorm van ’n multidimensionele kruis.
- Eredienste as gasvrye en feestelike ontmoetings vind by twee bedieningspunte asook by twee aftreeoorde plaas. Moeite word gedoen om ten volle inklusief te wees en om alle generasies te verwelkom.
- Ons is kerk in ons konteks waar elke lidmaat genooi is om met geregtigheid, vrede en vreugde te leef.
- Ons kuier graag saam en geniet goeie koffie!
Leraarsprofiel
- Opregte, geïntegreerde en dinamiese persoonlikheid met die vermoë om uitstekend in ’n span saam te werk;
- Goeie aanvoeling vir eredienste en liturgie met passievolle en kontekstuele predi- king en teologiese suiwerheid;
- Vereenselwig met die gemeente se visie en roepingstelling (soos hierbo uiteengesit);
- Die uitbou van die bediening aan jongmense deur die uitoefening van jou gawes, die bemagtiging van lidmate en die bemagtiging van huishoudings as primêre ruimtes vir geloofsvorming;
- Vestiging van netwerke met skole en ander rolspelers;
- Die uitvoer van al die ander verantwoordelikhede van die amp van predikant, soos verwoord in Artikel 9 van die Kerkorde, in samewerking met die ander predikante binne die bedieningsraamwerk van die gemeente.
Vergoeding
Volgens sinodale skaal. ’n Pastorie word nie voorsien nie, maar wel ’n behuisingstoelaag.
Aansoeke
Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien by: kommunikasie@sonstraal.org.za.
- ’n CV (nie langer as drie bladsye nie);
- Kontakbesonderhede van drie referente;
- ’n Selfoonvideo (nie langer as vyf minute) waarin a) jy jouself voorstel en b) jy motiveer waarom jy oortuig is dat jy die geskikte kandidaat vir die pos is; en
- ’n Skakel na ’n onlangse preek van jou.
Navrae kan gerig word aan die Voorsitter van die Pre-advieskommissie: Sanet Ferreira (082 448 5666 / sanetferreira68@gmail.com) of Voorsitter van die kerkraad: Leon Louw (083 262 0529).
Sluitingsdatum: 12 November 2021.
Diensaanvaarding: 1 Februarie 2022.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
