Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Lux Mundi-gemeente

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar
Sluitingsdatum: Dinsdag 30 November 2021


GEMEENTEPROFIEL:

Voorstedelike missionale gemeente met 1 572 belydende en 513 dooplidmate. Die gemeente is geleë in die ooste van Pretoria met drie voltydse en twee deeltydse leraarsposte, asook ’n maatskaplike werker by ons gemeenskapsbediening.

VISIE: God se Visie vir Lux Mundi (Lig vir die wêreld) is dat ons ’n oop en liefdevolle geloofsfamilie sal wees, wat Jesus met oorgawe dien en ander saamnooi om Hom te volg.

STRATEGIESE ANKERS: Kom soos jy is; Word vernuwe; Maak ’n impak.
KERNWAARDES: Verhoudings, Gasvryheid, Diensbaarheid en Relevansie.

LERAARSPROFIEL:

In aansluiting by die ampspligte van ’n leraar (Kerkorde art 9) word die volgende vereistes aan die kandidaat gestel:

  • Emosioneel en geestelik volwasse volgeling van Jesus.
  • ’n Spanspeler met ’n hoë premie op verhoudings.
  • Bedieningsfokus: Passie vir tieners, jong volwassenes en familiebediening.
  • Identifisering met die visie en kernwaardes van die gemeente.
  • Ten minste 5-10j bedieningsondervinding.
  • Goeie digitale vaardighede.
  • Leierseienskappe.
  • Goeie kommunikeerder.

VERGOEDING:

  • Vergoeding en byvoordele volgens die riglyne van die Algemene Sinode.
  • ’n Behuisingstoelaag word voorsien.

AANSOEKE:

  • ’n Volledige CV met drie toepaslike referente aan info@luxmundi.org.za
  • Kortlyskandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude en preekbeurte.
  • Voorsien die skakel na ’n onlangse digitale erediens.

SLUITINGSDATUM: Dinsdag 30 November 2021.

DIENSAANVAARDING: 1 Maart 2022 of so gou moontlik daarna.

NAVRAE:

  • Kerkkantoor, 012 998 8801 of info@luxmundi.org.za
  • Spanleier: Dr Johan Taute (083 608 4111).
  • Voorsitter van gemeenteraad: Andre Bezuidenhout (082 881 6562).

Die gemeenteraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te doen nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.