Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Welbekend

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum: 31 Desember 2021


Gemeente en omgewingsprofiel:

Welbekend is ’n plaas-en-plotgemeente geleë naby Bapsfontein min of meer ewe ver vanaf Pretoria, Benoni, Kemptonpark, Delmas en Bronkhorstspruit. Ons is ’n gemeente wat ’n verskil aan ons omgewing en die wêreld wil maak. Ons val onder die Sinode Hoëveld en in die Ring van Benoni. Ons lidmate werk aan die Rand, Pretoria en Johannesburg. Die gemeente het 409 belydende en 111 dooplidmate. Die gemeente het ’n redelike heterogene samestelling wat betref beroepe sowel as ouderdomsgroepe. Ons kinders woon omtrent 15 verskillende laer- en hoërskole by, wat jeugwerk baie moeilik maak. Ons het ook ’n unieke laerskool met ’n plattelandse karakter binne ons gemeentegrense.

Die gemeente beskik oor ’n kerkgebou, kantoor, ’n vergaderplek, kategeselokale en ’n pastorie op die kerkterrein. ‘n Vollediger profiel van die gemeente is by die kerkkantoor beskikbaar.

Leraarsprofiel:

Ons soek na ’n leraar wat die Here liefhet en ’n lewende verhouding met Hom het. Hy moet ook ’n liefde vir mense hê.

Vergoeding:

’n Traktement en byvoordele volgens riglyne van die Algemene Sinode sal onderhandel word. ’n Pastorie is op die kerkterrein beskikbaar.

Aansoeke:

Moet asseblief vergesel wees van ’n onlangse CV met drie referente. ’n Vraelys met bedie­ningsvoorkeure sal aan elke kandidaat wat aansoek doen, uitgestuur word.

Ons stuur ook versoeke om aansoek te doen aan persone wat deur gemeentelede genomineer word.

Voornemende kandidate, met hulle eggenoot/te, wat op die kortlys is sal moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n preekbeurt.

Aansoeke kan gestuur word aan die Gemeentebestuurder, Alma Visagie, by: ngwelbekend.kantoor@gmail.com

Navrae kan ook gedoen word by Alma by 082 944 4479.

Sluitingsdatum: 31 Desember 2021.

Diensaanvaarding: Soos onderling gereël.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.