Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Onrusrivier

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar (Vaste aanstelling)
Sluitingsdatum: 12 November 2021


Gemeenteprofiel:

Die NG gemeente Onrusrivier is tans 20 jaar oud en geleë naby Hermanus in die skilderagtige Overberg. Ons het tans ongeveer 2 500 lidmate waarvan meer as die helfte bo die ouderdom van 60 jaar is. Ons is geseënd met gesonde groei en ’n aktiewe jeugbediening van amper 300 dooplidmate.

Die gemeente se visie ”Ons almal saam in diens van Jesus Christus – oral, altyd en in alles, sodat: Verlore mense gered kan word, gebroke mense heel kan word en kinders van God gehoorsame dissipels van Jesus kan wees” word met oortuiging en entoesiasme uitgeleef.

Tans bedien drie voltydse leraars die gemeente, waarvan een fokus op jeugbediening. Die gemeente beskik ook oor die dienste van ’n voltydse maatskaplike werker. Daar is ook verskeie aftree-oorde in die omgewing waar lidmate bedien word. Die gemeente is diep bewus van haar roeping na die breër gemeenskap.

Leraarsprofiel:

Die ideale kandidaat moet ’n geordende NG Kerk leraar wees, verkieslik tussen die ouderdom van 40-50 jaar wees en oor minstens 10 jaar bedieningservaring beskik. Hy/sy moet beskik oor natuurlike leierseienskappe en bewese bestuursvaardighede ten einde die die­naarspan te versterk en voortgesette groei in die gemeente te fasiliteer. Die suksesvolle kandidaat se fokusarea in die gemeente sal volwasse gesinne wees.

Ander vereistes:

Rekenaarvaardigheid en die gebruik van tegnologie in die bediening; meertaligheid; uitsonderlike aanbiedingsvaardighede; passievol teenoor medemense in nood. Ondervin­ding in musiekbediening sal tot voordeel wees.

Die kerk van Christus leef in uitdagende tye, daarom benodig ons ’n leraar wat nuut kan dink oor ons roeping as kerk in ’n moderne tyd en in veranderende gemeenskappe.

Vergoeding: ’n Toepaslike vergoedingspakket volgens sinodale riglyne word aangebied.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2022 of so spoedig moontlik daarna. ’n Volledige CV met drie referente kan elektronies gestuur word aan: voorsitter@ngkonrusrivier.co.za

Navrae:

Telefoniese navrae kan gerig word aan die voorsitter van die Kerkraad, mnr Piet Vorster (081 399 0557) of dr Wilhelm Burger (leraar) by 083 448 1651.

Die kerkraad van die NG gemeente Onrusrivier behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

Alle aansoekers sal skriftelik verwittig word van die uitslag van hierdie proses.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.