Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Sinode van Noord-Kaapland

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: PSD Noord-Kaapland
Sluitingsdatum: 30 November 2021 om 17:00


“Saam luister ons na die Woord van die Here en loop só saam op die pad dat ons ons roeping ontdek en mekaar moed en hoop gee om dit uit te leef”.

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Noord-Kaapland maak die vakature vir ’n voltydse predikantspos vir ’n PSD (predikant in sinodale diens) in die Sinode van Noord-Kaapland bekend.

Aansoeke: Die pos is ’n geleentheid vir ’n dinamiese persoon wat beskik oor sterk administratiewe en kommunikasie vaardighede sowel as ’n pastorale hart. Alle gelegitimeerde le­raars is welkom om hul CV’s te stuur na admin@noordkaapland.co.za.

Aansoeke sluit op 30 November 2021 om 17:00.

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud sowel as psigometriese toetse.

Vergoedingspakket: Volgens die riglyne van die Algemene Taakspan Predikantesake (ATP) in oorleg met die Algemene Taakspan Fondse en Bates (ATFB).

Diensaanvaarding: 1 Mei 2022 met standplaas Kimberley.

Vir navrae kontak gerus vir ds Rudi Janse van Vuuren 084 549 9153 of ds Christo Jonck 082 948 2017.

Die taakspan PSD Noord-Kaapland behou die reg om nie ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.