Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature : Leraar (termynpos vir twee jaar)
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2022
Gemeenteprofiel
Reivilo is ’n plattelandse gemeente wat tot die Sinode van Noord-Kaapland behoort. Die gemeente bestaan hoofsaaklik uit ’n boerderygemeenskap met die meerderheid lidmate (±56,8%) op plase.
Daar is tans 141 lidmate (119 lidmate en 22 dooplidmate).
Leraarsprofiel
Soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele
Onderhandelbaar volgens sinodale skaal 1 – 6.
’n Ruim pastorie is beskikbaar.
Vir die reiskosteberekening is daar ’n elektroniese logbook beskikbaar.
Dienstermyn
Twee jaar termynpos met moontlikheid om te verleng.
Aansoek
E-pos jou aansoek na ngkerkreivilo@yahoo.com
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2022
Diensaanvaarding: 1 Mei 2022
Navrae
Ds Mike Dames: 082 377 1696
Dries Scholtz: 082 338 4726
Hannes vd Berg: 082 925 4051
Reiskoste sal betaal word vir suksesvolle aansoekers wat genooi word vir ’n onderhoud.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
