Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Orrelis
Sluitingsdatum: Dinsdag 30 November 2021
Musiekbediening by Universiteitsoord
By die NG gemeente Universiteitsoord speel musiek ’n baie belangrike rol in ons aanbidding tot God. Ons wil deur ons mooi musiek ons lidmate begelei om werklik verplaas te word tot in ’n verhouding met God. Ons begeleiding is vry en ons volg ’n spanwerk- benadering. Ons glo musiek in die erediens beklee ’n integrale plek in die liturgie om sodoende ’n ontmoeting met God en medegelowiges aan te help en te versterk. By Universiteitsoord is die orrel met sy legio moontlikhede binne ’n gepaste estetiese milieu gevestig.
Orrelisprofiel
Die ideale kandidaat sal minstens die volgende vaardighede en ondervinding hê:
- Die nodige orrelkwalifikasies, -vaardigheid en vorige ondervinding of tans ingeskryf vir die voltooiing van ’n erkende kerkorrelis-diploma, die vyfde eksamen van die Raad vir Kerkmusiek of soortgelyke kwalifikasie.
- Gemeentebegeleiding met pyporrel en klavier by eredienste en spesiale geleenthede;
- SAKOV-lidmaatskap en bywoning van byeenkomste word aangemoedig en sal in die aansoeker se guns tel, maar is nie ’n voorvereiste vir die pos nie.
- Entoesiasties en passievol oor musiek in die algemeen, met die klem op geestelike musiek en beskou dit as ’n roeping om deur middel van musiek die Here te dien en die gemeente te bedien.
- Omarm die diversiteit van die gemeente.
- Selekteer toepaslike liedere uit die klassieke en hedendaagse liedereskat vir die gemeente se aanbidding en lofprysing.
- ’n Bereidwilligheid om saam met ander musikante Flam-, Vonkk-, Liedboek- en Engelse liedere te leer.
Vergoeding
Vergoeding sal met die suksesvolle kandidaat beding word.
Aansoeke
Aansoekvorms is per e-pos by Petra@universiteitsoord.co.za beskikbaar. Die sluitingsdatum vir indiening van voltooide aansoekvorms is Dinsdag 30 November 2021. Die kandidaat moet beskikbaar wees vir ’n speelbeurt. Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
Navrae
Rig navrae aan Flip Erasmus by erasmuspm.pvt@gmail.com of 082 922 4422.
