Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE WARDEN

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Sluitingsdatum: 30 Desember 2021


 

Gemeenteprofiel

Warden is ’n plattelandse gemeente geleë in die Noord-Oos Vrystaat en deel van die Ring van Harrismith. Die gemeente het 355 belydende lidmate en 89 dooplidmate. Die karakter van die gemeente is sterk behoudend met Gereformeerde spiritualiteit en stel ’n hoë premie op Skrifgetroue prediking. Die gemeente is ’n tipiese plattelandse gemeente en bestaan grootliks uit ouer persone en bedien ’n groot boerderygemeenskap.

Leraarprofiel

In aansluiting by ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar:

  • Iemand wees wat die Here liefhet en ’n roeping het om in sy diens te staan.
  • Entoesiaties wees oor Gereformeerde Skrifgetroue prediking.
  • ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees.
  • Pastorale versorging as belangrik ag en bereid wees om huisbesoek ook op plase te doen.
  • Leiding kan neem en met die kerkraad en gemeente as span kan saamwerk.
  • Rekenaartegnologie en ander digitale media in sy bediening kan gebruik.
  • Jeug kan inspireer om betrokke te wees by die kerk, maar wat ook die behoeftes van ouer mense kan aanspreek.

Pligte

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele

  • Vergoeding en byvoordele sal tydens ’n onderhoud verstrek word.
  • Die gemeente beskik oor ’n pastorie.

Aansoek

Stuur volledige elektroniese CV met drie toepaslike referente aan die skriba by ngkwarden@zippnorth.co.za

Geselekteerde kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude in die week en ’n preekbeurt op die Sondag.

Sluitingsdatum: 30 Desember 2021

Diensaanvaarding: 1 Maart 2022 op so spoedig moontlik na die onderhandelings.

Navrae:

  • Skriba Marga Smit voormiddae by 058 6430 553.
  • Leierouderling Human Muller by 082 7715 576.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.