Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar (termynpos vir twee jaar)
Sluitingsdatum: 10 Januarie 2022
Gemeenteprofiel
Griekwastad is ’n plattelandse dorp in die Noord-Kaap sowat 150 km wes van Kimberley. Die gemeente het 180 belydende en 30 dooplidmate, met heelwat bejaardes. Daar is twee dorpswyke, een tehuis vir bejaardes en sewe plaaswyke. Die boerderygemeenskap vorm ’n sterk deel van die struktuur en funksionering van die gemeenskap.
Leraarsprofiel
- Bediening as leraar volgens die bepalings van die Kerkorde.
- ’n Lewende en persoonlike verhouding met Jesus Christus.
- Griekwastad-gemeente het ’n leraar nodig wat lief is vir mense, wat begrip toon vir die plattelandse gemeenskap se unieke omstandighede en geroepe voel vir die bediening op die platteland.
- Dinamiese en Skrifgetroue prediking met optimum gebruik van multimedia.
- Verhoudingsbou deur huis- en siekebesoek.
Vergoeding
- Alles-insluitende pakket van R30 000,00 (dertig duisend) per maand.
- Samestelling van pakket onderhandelbaar.
- Gratis huisvesting in ruim pastorie en meegaande voordele.
Aansoekprosedure
Leraars, proponente en emeriti word uitgenooi om aansoek te doen.
Stuur aansoek, CV en name van twee referente asook antwoorde op die vraelys hieronder aan ngkgws@nashuaisp.co.za
Vraelys
Beantwoord asseblief die volgende vrae:
- Noem die spesiale belangstellingareas wat u in die bediening besonder vervullend vind.
- Noem u besondere gawes en hoe u dit in die bediening aanwend.
- Motiveer kortliks in ’n paar sinne waarom u die plattelandse bediening aantreklik sal vind.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 10 Januarie 2022
Diensaanvaarding: 1 Maart 2022
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.
Navrae
- Kerkraadvoorsitter Junior Ludwick: 082 4148988
- Skriba Maryna Van Zyl : 067 2140305
- Leraar ds Wessel Oosthuizen: 082 2621410
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
