Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE VIR PREDIKANTSPOS (ONBEPAALDE TERMYN)
SLUITINGSDATUM: Vrydag, 21 Januarie 2022 om 16:00
In biddende afhanklikheid van die Here nooi die kerkraad gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n opwindende pos.
PROFIEL:
Die gemeente bestaan uit 285 belydende lidmate, dooplidmate en jeug uit die omgewing wat ons bedien. Ons leuse is “Omdat God ons bou, maak ons ’n verskil,” en ons waardes is: Glo, Bid en Vertrou. Ons rig ons bedieninge hiervolgens in.
In PE-Noord neem bemagtigde lidmate onder leiding van ’n dinamiese kerkraad inisiatief om die Here, mekaar en die gemeenskap te dien. Ons heg groot waarde aan liefde en gebed. Die gemeente het projekte soos vrouebemagtiging, bejaardeversorging, uitreik na die gemeenskap se jeug, ’n sopkombuis, voedselhulp aan behoeftiges en leerders, asook ’n klerebank.
Ons omgewing is vir sommige ’n blyplek, vir ander ’n werkplek, en vir nog ander ’n gebied waar verskeie openbare dienste gelewer word. Ons area het woonhuise, meenthuise, woonstelblokke, kleiner fabrieke, hospitale, klinieke en gemeenskapsdienste.
Ons omgewing het drie skole, winkelsentrums en verskeie kleuterskole met hoofpaaie wat ons area deurkruis. Ons is naby blouvlagstrande en die lughawe.
Besoek ons op Facebook by https://www.facebook.com/ngkerk.penoord.1, of op die web by https://ngkpenoord.wixsite.com/mysite (waar die skakels na ons ander sosiale media-profiele te vind is).
LERAAR:
Ons leraar het die volgende benadering:
- Fokus op die ontwikkeling van die gemeente se visie en roeping.
- Is ’n sosiale entrepreneur wat mense bymekaarbring, netwerke vorm en geleenthede om te dien raaksien.
- Is ’n spanspeler wat kerkraadslede en lidmate bemagtig om leiding te neem.
- Beskik oor empatie, ’n fasiliterende leierskapstyl, goeie luistervermoëns, ’n positiewe lewensuitkyk, uitstekende menseverhoudinge (alle ouderdomsgroepe), en ’n sin vir humor.
- Is tegnologies vaardig, bedien interaktief, en hou van deelname.
- Gaan voort om ’n multikulturele benadering te ontwikkel.
OPDRAG:
Artikel 9 van die Kerkorde soos ooreengekom met die kerkraad, gerig op ons konteks.
VERGOEDING:
Totale koste van indiensname beloop R385 000 en sluit die huistoelaag in. ’n Toelaag vir telefoon en internet word bykomend betaal.
AANSOEKE:
Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief wat motiveer waarom jy jouself as leraar van PE-Noord sien, ’n CV, asook die voltooide vraelys beskikbaar by:
www.ngkok.co.za/gemeentes/pen.doc E-pos aansoek aan: pen@ngkok.co.za
Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.
DIENSAANVAARDING: 1 April 2022 of so gou moontlik daarna.
NAVRAE:
Leierouderling: Rockey Lamastra, 082 215 5487, penoord@yahoo.com
Danie Mouton, 082 9234 178, danie@ngkok.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit een van die aansoekers te maak nie.
