Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse medeleraar
Sluitingsdatum: 31 Desember 2021
Die gemeente Durbanville-Bergsig nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n voltydse medeleraarspos.
Gemeenteprofiel:
Durbanville-Bergsig is in Durbanville (Wes-Kaap) geleë en bedien ongeveer 5 000 belydende en dooplidmate. ’n Groot persentasie van ons gemeente bestaan uit gesinne met kinders, maar alle ouderdomme word goed verteenwoordig.
Durbanville-Bergsig leef haar visie, Sy Ligdaers, uit deur te fokus op Dissipelskap, Skep van Gasvrye Ruimtes, Diens na Binne en Buite asook Koninkryksbestuur.
Durbanville-Bergsig word gesien as ’n uitreikgemeente en wil hierop voortbou om sodoende ’n verskil in Durbanville, Suid-Afrika en die res van die wêreld te maak.
Leraarsprofiel:
● Ervaring van vyf jaar of meer in ’n gemeente-opset.
● Sterk leierseienskappe en bestuursvaardighede.
● ’n Spanleier met ’n hoë premie op verhoudings.
● Sterk fokus op uitreike en ondersteuning van kerkplanting, op ons voorstoep en oor grense
heen.
● Dinamiese prediker wat in lyn is met Bergsig se visie en missie.
● Moet gemaklik wees met die gebruik van nuwe tegnologie en virtuele kommunikasie.
● Moet ’n emosionele en geestelik volwasse volgeling van Jesus Christus wees.
● Moet voldoen aan en uitvoering gee aan alle verantwoordelikhede van die amp van predikant soos vervat in die Kerkorde en Reglemente 2019, Kerkorde Artikel 9.
Vergoeding:
Volgens voorgeskrewe sinodale vergoedingskaal. ’n Pastorie word nie voorsien nie, maar wel ’n behuisingstoelaag.
Aansoeke:
Belangstellendes moet asseblief ’n e-pos stuur aan dvk@bergsigdv.co.za met die volgende inligting:
● ’n Volledige CV.
● Drie toepaslike referente.
● ’n Kort, drie minute selfoonvideo, waarin jy jouself voorstel en motiveer waarom jy die geskikte kandidaat is vir die pos.
● ’n Skakel na ’n onlangse preek wat jy gelewer het.
Suksesvolle kandidate wat die kortlys haal sal gekontak word teen 31 Januarie 2022.
Diensaanvaarding: 1 April 2022
Vertroulikheid:
Alle inligting wat voorsien word sal as vertroulik hanteer word en slegs vir die doeleindes waarvoor dit ingewin is gebruik word. Neem kennis dat die inligting gedeel word binne verskillende afdelings van NG Kerk Durbanville-Bergsig en dat hiermee toestemming gegee word dat Bergsig die inligting kan prosesseer. NG Kerk Durbanville-Bergsig voldoen aan die vereistes van die Wet op die Beskerming van Persoonlike inligting, Wet 4 van 2013 “POPIA”.
Alle navrae kan gerig word deur middel van e-pos aan dvk@bergsigdv.co.za
