Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

'n Gebou kán meer wees as net 'n gebou soos gesien in hierdie kerkgebou van die NG gemeente Welkom-Wes. Dit is ontwerp deur die beroemde argitek Roelof Uytenbogaardt. Foto: Le Roux Schoeman

Oor nuwe geboue, nuwe visie

Ek verstaan gewoonlik die punt wat mense wil maak wanneer hulle sê ’n kerk is die ménse, nie die gebou nie. So ook wanneer mense sê werk gaan oor die personeel en dié se uitsette eerder as kantoorgeboue.

Dit is totdat ek onlangs op ’n Saterdagoggend tussen die kerkbanke van die NG gemeente Welkom-Wes deurstap. Daar besef ek hoe stampvol teologie en filosofie ook steen en staal kan wees.

Die doel van my Vrystaatbesoek was om te kyk na die werk van die beroemde argitek Roelof Uytenbogaardt (19331998). Uytenbogaardt se plan vir hierdie myndorpse aanbiddingsplek, met baksteenmure en betonblokke reg uit die Burtalistisme-styl en ’n byna-bomskuiling-gevoel wat tot vandag die besoeker opval en uitdaag, is in 1963 deur die kerkraad aanvaar. Die sooi is die jaar daarna gespit, vertel die geskiedenisboeke ons. Nuuskieriges kom steeds hiereen – veral argitekstudente wat meer wil leer oor kerk én gebou.

Nader aan die huis het Kerkbode in November finaal getrek na vele jare in Kerkstraat, Wellington. Ons nuwe woning, Boekhuis, lê langs die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit en is steeds op dieselfde dorp, maar simboliseer ’n nuwe begin vir Bybel-Media (BM), ons uitgewer.

Dr Nico Simpson, BM se hoof- uitvoerende beampte verduidelik: “In 2020 het Bybelkor, LiG, Kerkbode, Jeugfokus, Goeie Nuus Media, Mema en die Nehemia-Bybelinstituut die finale treë in die rigting van ’n “digitaal eerste”-organisasie gegee. Dit beteken nie ons gaan nie meer gedrukte produkte en hulpmiddels aan individue, gemeentes en gemeenteleiers voorsien nie. Dit beteken wel dat ons ons as ’n media-organisasie vir die 21ste eeu posisioneer. Hierdie oorgang verryk nie net hoe ons werk nie, maar ook waar ons ’n verskil kan maak met ’n omvattender digitale voetspoor. Ons gebruik al meer ’n multikantige digitale platform om mense in te nooi na lewensveranderende ervarings. Lees gerus meer by https://biblemedia.co.za.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top