Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Groote Kerk Kaapstad

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Jeugbediening (kontrak)

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Januarie 2022


Groote Kerk se visie is om as vredemakers Jesus te volg en ons stad met hoop, hulp en heling te omarm. Ons glo dat ons geroep is om die stad te dien met die hulpbronne tot ons beskikking. Dit beteken dat ‘n jeugbedieningspos geensins net op die gemeente se dooplidmate sal fokus nie. Ons verwagting is dat ‘n jeugbedienaar, in samewerking met die predikant verantwoordelik vir jeug, ruimte sal skep vir bedieninge wat wyer as ons gemeente se dooplidmate strek.

 

Posomskrywing (en ook soos met kerkraad ooreengekom):

  • Bediening aan die Laer- en Hoërskool en kinderhuis.
  • Samewerking met ander gemeentes in die stadskom om “events” soos sosiale geleenthede, kampe en uitreike te reël.

 

Die volgende behoeftes bestaan ook binne die gemeente:

  • Aanbied en fasilitering van sommige senior jeuggroepe.
  • Aanbied en fasilitering van kinderkerk.
  • Saam met leraar beplan aan en uitwerk van materiaal.

 

Die volgende behoeftes is ook verder by ons geïdentifiseer, en alhoewel dit nie ’n vereiste is nie, sal dit in die kandidaat se guns tel as hy of sy een of beide hiervan kan aanspreek:

  • Musiek- en aanbiddingsleier by ons familiediens en hulp by ons aanddiens.
  • Strategies te beplan en uitvoering te gee aan ’n aanlyn bediening wat ons sosiale media platforms insluit.

 

Persoonsomskrywing:

  • Iemand wat die omarmende liefde van Jesus ken en uitleef.
  • Iemand wat met ’n roepingsbewustheid en onder leiding van die Heilige Gees leef.
  • Iemand met ’n inklusiewe hart wat graag ruimte skep vir jongmense.
  • Iemand vir wie verhoudings belangrik is en wat goed in ’n span kan saamwerk.
  • Iemand met ’n aanvoeling vir liturgie en aanbidding.

 

Vergoeding:

’n Vergoedingspakket volgens sinodale riglyne vir amptenare van die kerk. Huisvesting word voorsien.

 

Aansoeke:

Diensleraars en Jeugwerkers word genooi om aansoek te doen.

Stuur asb ’n volledige CV en dekbrief wat aandui waarom u geroepe voel om hierdie taak op te neem.

Stuur aansoeke per e-pos aan: skriba@grootekerk.org.za

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.

 

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Januarie 2022.

 

Navrae: Kan gerig word aan die gemeentebestuurder, Jaco de Villiers, by 021 422 0569 of skriba@grootekerk.org.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.