Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE CARLETONVILLE-SUID

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraarspos

Sluitingsdatum: 11 Maart 2022


Gemeenteprofiel:

  • NG Gemeente Carletonville-Suid is ’n plattelandse gemeente in Gauteng, ± 80 km vanaf Johannesburg en ± 65 km vanaf Potchefstroom.
  • Die pos is ’n vastetermynpos vir drie jaar wat met wedersydse instemming verleng kan word.
  • Carletonville-Suid bestaan uit net oor die 245 belydende lidmate en ongeveer 50 dooplidmate.

Leraarsprofiel:

In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar:

  • Iemand wees wat die Here liefhet en ’n roeping het om in sy diens te staan.
  • Oor fyn aanvoeling vir die bediening aan alle ouderdomsgroepe beskik.
  • Entoesiasties wees oor gereformeerde, Skrifgetroue prediking.
  • ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees.
  • Pastorale versorging as belangrik ag.
  • Leiding kan neem en met kerkraad en lidmate as ’n span kan saamwerk.
  • Huis- en siekebesoeke binne gemeentegrense doen.
  • By kategese leiding neem.
  • Noue betrokkenheid met gemeenskap is van groot belang.

Vergoeding:

  • Volgens die Goudland Sinodale Vlak 1 riglyne.
  • Behuising en ander voordele is beskikbaar.

Aansoeke:

Stuur ’n verkorte CV met ’n dekbrief wat meer vertel oor jouself, jou gawes en passies. Sluit ’n Myers-Briggs-profiel in, asook die kontakbesonderhede van drie referente. Stuur na cvillesuid@telkomsa.net met verwysing: Vakature: Leraar. U moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en moontlik ’n preekbeurt.

Navrae:

Coen Botha (voorsitter) 082 575 8411.

Willie Pretorius (ondervoorsitter) 082 654 8542.

Elize Botha (skriba) 076 062 8485 – Ma tot Vry: 08:00-13:00.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.