Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Tema van konferensie by universiteit ontstel

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Dit is met absolute afgryse dat ek as toegewyde NG lidmaat lees die Sinode van Wes-Kaapland adverteer ’n konferensie met die titel “Queering the prophet”. Die advertensie begin so: “The *Gender Unit of the Beyers Naudé Centre for Public Theology, Faculty of Theology, Stellenbosch University, invites you to a conference with the title *Queering the Prophet, from 16-18 March 2022” (*gender en *queer: sien voetnotas).

Van die titels van die aanbiedings is onder andere: “Under a desert plant: Queer heterotopias in Jonah”; “Finding a queer kindred in the Book of Jonah”; “When the world no longer appears the right way up: Queering time, space, and the prophetic body in Jonah 2” en “Queering the straight Jonah – A Reception-Exegetical exploration”. Dan is daar ook nog “Vishnu would have saved the poor fishie: A transtextual reading” waar die Hindoe-afgod Vishnu ingesleep word – dit alles onder die vaandel van die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch!

Lees ook: Proff Julie Claassens en Jeremy Punt oor queer hermeneutiek

Betrokkenes by die konferensie is NG gelegitimeerdes soos Juliana Claassens, Hendrik Bosman, Louis van der Riet en die onlangs gelegitimeerde Ashwin Thyssen. Die dekaan van die Fakulteit Teologie Reggie Nel doen die verwelkoming!

Die verontheiliging van ’n historiese Bybelse karakter en die minagting vir die Woord van God skok my tot in my siel. In 2 Konings 14:25 lees ons van Jona, seun van Amittai, ’n profeet van Israel van Gat-Hefer. Jesus self het die Jona-verhaal as histories beskou en hanteer (Lees Lukas 11:29, ook Matteus 12:39-41). Jesus het ook na die herlewing in Nineve as ’n historiese feit verwys. Hy verklaar: “Die manne van Nineve sal saam met hierdie geslag opstaan by die oordeel en dit veroordeel, omdat hulle berou gehad het oor Jona se aankondiging; en kyk – hier is Iemand groter as Jona!”

Lees ook: ‘Queering the prophet’: Verklaring deur kuratorium

Dit gaan oor veel meer as akademiese vryheid: Die gesag van die Skrif word aangetas. Die integriteit van een van die NG Kerk se teologiese fakulteite en die Sinode van Wes-Kaapland is ook in die gedrang. Moderamen, gee asseblief duidelikheid oor u standpunte ten opsigte van hierdie advertensie asook die konferensie!

Voetnotas:

*Gender: die “identiteit wat deur die seksuele selfbeeld van mense bepaal word”. Daarteenoor word “geslag” biologies bepaal (WAT – Woordeboek van die Afrikaanse Taal).

*Queer: wat ’n seksuele of geslagsidentiteit aandui wat nie ooreenstem met gevestigde idees van seksualiteit en geslag nie, veral volgens heteroseksuele norme.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

4 thoughts on “Tema van konferensie by universiteit ontstel”

  1. Eintlik lagwekkend! Jona ‘n “queer”🤦🏼‍♂️
    So maak teoloë hulleself irrelevant in die hedendaagse lewe en vernietig beproefde Geestelike waardesisteem van die kerk.
    Wat is volgende? My leraars swyg soos die graf oor hierdie onding terwyl hulle teologie verander word?
    Ek sal maar voortgaan om die ware Evangelie uit te leef buite die kerk (NGK) waar predikante nie meer invloed het nie.

  2. Muller Oosthuizen

    Die gesprek laat my maar net weereens besef dat ek meer (en beter) moet luister as praat. En dat ek dán ook beter en konstruktief moet praat – nadat ek toegang gekry (en verdien) het om aan bv so gesprek deel te neem.
    Daar is baie kuns aan verbonde om te wag.

  3. Die Teologiese Fakulteit het nou die diepste laagtepunt ooit bereik. ‘n Flagrante maar ook diep hartseer skande voor God!

Comments are closed.

Scroll to Top