Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE BRITS

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vastetermynpos vir leraar op 3 jaar kontrakbasis

Sluitingsdatum: 31 Maart 2022


Die gemeente wag graag aansoeke in van persone wat belangstel om in Brits te woon en werk vir ’n periode van minstens drie jaar. Alle pligte van ’n voltydse leraar is ter sprake.

 

Die gemeente bestaan uit 442 belydende en 132 dooplidmate. Ons is een van drie NG gemeentes op die dorp. Brits is geleë tussen Pretoria en Rustenburg en ongeveer 60-70 km vanaf Pretoria, Johannesburg en Rustenburg. Die gemeente bestaan uit dorps- en plaaslidmate.

 

Hoe voel ons oor die bediening en wat is vir ons belangrik?

  1. Die erediens is ’n belangrike byeenkoms waar ruimte gemaak word vir verskillende ouderdomme en spiritualiteite. Skrifgetroue, aktuele en dinamiese prediking rus lidmate toe om die Woord van God in die breëre samelewing uit te leef.

 

  1. Pastoraat, siekebesoek en berading aan mense van alle ouderdomsgroepe, individu eel en in gesinsverband, is wesenlik.

 

  1. Ons kategese (voorskools tot graad 11) is vir ons uiters belangrik. Die leraar werk saam met die ander kategete en begelei die finalejaars tot belydenisaflegging.

 

  1. Ons omgewing en samelewing is belangrik en daarom is samewerking met buurgemeentes vir ons essensieel.

 

Die leraar is:

Waarskynlik ’n ouer persoon (emeritus), maar ook enige iemand anders wat bereid is om vir ’n laer aangepaste TKVI te werk, is welkom. Covid het ’n baie negatiewe impak op die gemeente gehad en ons tel nou eers kop op.

 

Iemand wat in noue skakeling met die kerkraad en al die diensterreine werk.

 

Rekenaarvaardig en administratief sterk is. Noue samewerking met die kerkkantoor is belangrik.

 

Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die leraar se pligte.

 

Vergoeding:

Doen asseblief navraag oor besonderhede en verduideliking van die gemeente se posisie by huidige kontrakleraar: Ds Kobus Mouton, tel: 082 807 6071.

 

Jou aansoek:

Jou CV (nie langer as twee bladsye nie) met twee referente moet gestuur word aan: Die Saakgelastigde: Ellen Rossouw: ngbrits@mweb.co.za

Ons ontvang graag u aansoek nie later nie as 31 MAART 2022. Diensaanvaarding so spoedig moontlik.

 

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.