Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Aanddiensaanbiddingsleier en -liturg
Sluitingsdatum: 14 Maart 2022
Gemeenteprofiel
- Sonstraalgemeente is in Durbanville (Wes-Kaap) geleë. Ons bedien ongeveer 5 000 lidmate waarvan ’n beduidende persentasie gesinne met kinders is.
- Ons slagspreuk is: Leef om te dien, en ons roepingstelling: By Sonstraal is almal welkom – hier leer ons saam om soos Christus te leef. Ons leef ons roeping uit met die waardes: genade, gasvryheid en gestuurdheid. Ons logo is in die vorm van ’n multidimensionele kruis.
- Eredienste is gasvrye en feestelike ontmoetings waar moeite gedoen word om ten volle inklusief te wees.
- Ons is kerk in ons konteks waar elke lidmaat genooi is om met geregtigheid, vrede en vreugde te leef.
- Ons kuier graag saam en geniet goeie koffie!
Profiel van kandidaat
- Opregte, geïntegreerde en dinamiese persoonlikheid met die vermoë om uitstekend in ’n span saam te werk.
- Vereenselwig met die gemeente se visie en roepingstelling.
- Passie en vaardighede om, spesifiek met die oog op aanddienste, die musiekbediening en liturgie kreatief, kontekstueel en met teologiese suiwerheid met die roepingstelling te belyn en in ’n unieke styl te ontwikkel.
- Die vermoë om kuns en teologie liturgies te integreer.
- Vaardighede vir die vestiging van spanne vir musiekbediening en die ontwikkeling en toerusting van toekomstige liturge.
Vergoeding
Volgens SAKOV-skale (25 ure per maand).
Aansoeke
Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien by:
kommunikasie@sonstraal.org.za.
- ’n Bondige CV.
- Kontakbesonderhede van drie referente.
- ’n Skakel na ’n onlangse erediens of geleentheid waar u opgetree het.
Navrae kan gerig word aan die Voorsitter van die Pre-advieskommissie: Sanet Ferreira (082 448 5666 / sanetferreira68@gmail.com).
Sluitingsdatum: 14 Maart 2022.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
Geborg
