Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: LERAAR (VOLTYDSE PREDIKANTPOS)
SLUITINGSDATUM: 2 APRIL 2022
Gemeenteprofiel:
Suikerbos-Gemeente is gestig op 1 Oktober 1985. Ingebruikneming van gebou was op 22 Oktober 1988. Eerste leraar was ds JJ Louw, bevestig op 26 Januarie 1986. Hy was leraar van Suikerbos-Gemeente en ontvang sy akte van demissie op 17 Januarie 2010. Daarna word ds Nicole Hamman-Forrest verkies as leraar van NG Kerk Suikerbos. Suikerbos-Gemeente is tans 37 jaar oud en geleë oos van Vereeniging. Ons het tans 240 belydende lidmate en 31 dooplidmate. Ons gemeente is besig om te verander. Een van die kerkraad se doelwitte is om jonger gemeentelede te lok en te behou deur energieke en innoverende bediening. Jeug, jong volwassenes, volwassenes en bejaardes lê ons na aan die hart. Ons is ook betrokke by Catherine Robson Kinderhuis en NG Welsyn Vereeniging.
Ons visie is om só kerk te wees dat God die wêreld ook deur ons kan liefhê. Daarom as ’n geloofsgemeenskap verheerlik ons God, bou ons mekaar op, en bring ons hoop in ons omgewing en die wêreld.
Leraarsprofiel:
Die ideale kandidaat moet ’n geordende NG Kerk leraar wees, verkieslik tussen die ouderdom van 30-40 jaar wees en oor minstens vyf jaar bedieningservaring beskik. Hy/sy moet lief wees vir die Here asook vir mense van alle ouderdomsgroepe. Aansoekers moet bewys kan lewer dat hulle suksesvol oor natuurlike leierseienskappe beskik ten einde die personeel, kerkraad en gemeente te kan lei. Dissipelskap, eredienste, lof en aanbidding (musiek), prediking, gasvryheid en ’n passie vir alle ouderdomsgroepe is vir ons baie belangrik.
Ander vereistes:
Rekenaarvaardig wees en daardeur tegnologie kan gebruik as ’n hulpmiddel alleen om die taak van leraar suksesvol deur te voer. Ondervinding in musiekbediening sal tot voordeel wees. Die kerk van Christus leef in uitdagende tye, daarom benodig ons ’n leraar wat nuut kan dink oor ons roeping as kerk in ’n moderne tyd en in veranderende gemeenskappe. Bewys kan lewer van suksesvolle deurvoering van nuwe idees en insigte asook die skep van innoverende oplossings vir hedendaagse situasies. Die klem val op suksesvolle gemeenteverwante veranderinge en verbeteringe. Hou aan om op datum te bly met mededingerinligting en die kerkgemeenskap se tendense, die identifisering van kerklewe-geleenthede in finansiële bewustheid.
Vergoeding:
’n Toepaslike vergoedingspakket volgens sinodale riglyne word aangebied. ’n Behuisingstoelaag vorm deel van die TKVI wat aangebied word.
Aansoeke:
Stuur die volgende elektronies aan ngksb@lantic.net
- ’n Volledige CV met ten minste drie referente.
- Dekbrief wat meer vertel van uself, u spesifieke bydraes wat u kan lewer en passies. (Die proses kan vergemaklik word indien bewyse van u spesifieke bydraes gelewer word met die indien van hierdie aansoek.)
- Skakels na jou erediensopnames of aanlyn eredienste.
Alle aansoekers sal skriftelik verwittig word van die uitslag van hierdie proses.
Sluitingsdatum: 2 April 2022.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik na die aanvaarding van die beroep.
Navrae: Telefoniese navrae kan gerig word aan die voorsitter van die kerkraad, Pieter Möller (082 454 1266) of die kerkkantoor Mariska Botha (072 110 9719/016 423 6295).
Deur die indiening van hulle CV’s, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing deur Suikerbos-Gemeente vir die beroepingsproses gebruik kan word.
Die kerkraad hou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit aansoeke te maak nie.
