Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
BEKENDMAKING VAN VAKATURE VIR ‘N LERAAR
Aansoeke sluit: 22 Maart 2022
Hiermee maak die kerkraad ’n vakature van ’n onbepaalde termyn- pos in die NG Kerk Marquard bekend. En wag die gemeente die aansoeke van gelegitimeerde leraars af.
Ons is ’n plattelandse gemeente wat bestaan uit gewone mense wat ten spyte van ons swakhede, die Here Jesus lief het en dien. Ons onderlinge verbondenheid aan mekaar maar veral ons verbondenheid aan Christus is vir ons nie onderhandelbaar nie. In die gemeente is ruimte vir lidmate om die Here met hulle gawes te dien. Ons onderlinge liefde vir mekaar kom tot uitdrukking in ons verhoudinge met mekaar.
Hiermee vra ons ’n gelegitimeerde leraar,
- Wat die Here Jesus heelhartig dien en met gemak met die gemeente kan omgaan.
- Wat hom of haar saam met die gemeente sal verlustig in die eenvoud, diepte en die lewensomvattende boodskap van God se genade en liefde.
- Wat vir mense omgee, om hom of haar beskikbaar te stel vir beroeping.
Ons maak hierdie vakature in afhanklikheid van die Here bekend. Ons gebed is dat God sy doel met ons saam sal bereik.
Ons kerkraad behou ook die reg voor om nie ’n aanstelling te doen nie.
Ons het voorheen ’n beroep uitgebring, maar die beroep is nie aanvaar nie.
Aansoeke sluit: 22 Maart 2022.
CV ‘s kan ge-e-pos word na: ngkerkmarquard@telkomsa.net
Vir meer besonderhede oor die gemeente en die formaat van die aansoek, kontak:
- Thinus Greyling (leierouderling), sel: 083 272 8629.
- Daleen Henning (skriba), sel: 083 441 7214.
