Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

DURBANVILLE GEMEENTE (NGK)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: ORRELIS

Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 Maart 2022.


Durbanville Gemeente het ’n vakature vir ’n vindingryke en aanpasbare orrelis wat in noue samewerking met ander musikale aanbiddingsleiers verantwoordelikheid sal aanvaar vir die uiteenlopende aanbiddingsbehoeftes van die gemeente.

 

Die pos behels die volgende:

  • Inspirerende begeleiding van gemeentesang.
  • Alle voorbereiding rondom die oggenddiens wat ’n meer klassieke karakter het en met ’n twee-manuaal SAOB-orrel begelei word.
  • Afrigting en begeleiding van ’n koor asook die werwing van nuwe koorlede.
  • Bystand aan leraars met die opstel van die liturgie en uitsoek van gepaste liedere.
  • Verantwoordelik vir die jaarlikse Kerssangdiens.
  • Musikale versorging en begeleiding van feesdienste tydens Kersfees, Paasfees en Pinkster.
  • Koördineer rakende die orrel alle aspekte in terme van die instandhouding en administratiewe aangeleenthede.
  • Troues en begrafnisse.

 

Die pos vereis die volgende:

  • Verkieslik ’n BMus of Lisensiaat in orrel of kerkmusiek, óf Sesde Eksamen van die Konservatorium vir Kerkmusiek van die NHK of soortgelyke kwalifikasies.
  • Vermoë om ’n twee-manuaal SAOB-orrel te bespeel.
  • Ervaring in die musikale begeleiding van ’n gemeente.
  • Koorsang/koorafrigting, asook ensemblespel met ander sangers en instrumentaliste.
  • Goed ontwikkelde interpersoonlike verhoudinge.
  • Vermoë om met verskeie rolspelers in spanverband saam te werk.
  • Rekenaarvaardigheid ten opsigte van die MS Office Suite.

 

Algemene aspekte:

  • Vergoeding: Onderhandelbare salaris met SAKOV-skale as riglyn afhangende van kwalifikasies en ervaring.

 

Aansoekproses: Stuur u CV met ten minste twee referente na:

jackie@dgkerk.co.za

 

Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 Maart 2022.

 

Werwingsproses:

▪   Daar sal van kandidate wat die kortlys haal, verwag word om prakties getoets te word.

▪   Die gemeente behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.