Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Dr Louis van der Riet skryf: Hierdie lesersbrief is gerig aan elkeen wat hulleself as ’n bondgenoot (“ally”) van LGBTQI+ mense beskou.
In navolging van Jesus, word ons geroep om as bondgenote op te tree; mense wat ongeregtigheid teenstaan namens die noodlydende, die arme en die verontregte. So ’n persoon het mag wat hierdie mense aan die marges van die samelewing, en selfs van die kerk, nie het nie. Om as bondgenoot op te tree, is om hierdie mag aan te wend ter wille van hierdie groep.
Lees ook: Meningsverskil in NG Kerk: ‘Nederige liefde is die sterkste getuienis’
Bondgenootskap is nie om onpartydigheid voor te hou onder die vaandel van kerkeenheid nie. Sake van geregtigheid verg waagmoedige keuses. Dit vra van bondgenote om hulle eie posisie en gepaardgaande mag binne kerklike debatte te erken, en dit aan te wend. So ’n keuse verg natuurlik dat leiers ’n risiko neem – die risiko dat dié wat nie die nood of verontregting van (in hierdie geval) LGBTQI+ mense begryp nie, die NG Kerk sal verlaat. Dit sou egter uit vrye keuse wees, sonder dwang of manipulasie. Dit verg verder dat bondgenote die nood van LGBTQI+ mense kan onderskei van die ongemak van dié wat nog sukkel om LGBTQI+ mense lief te hê – of selfs die eise wat bondgenootskap aan hulle eie lewe stel.
Kerkleiers en predikante wat kies om nie hulleself ten gunste van selfdegeslagverhoudings of daarteen uit te spreek nie, faal die toets van bondgenootskap. Uiteindelik faal so ’n besluit almal, want dit ontneem ons almal om te leer om saam kerk te wees, juis omdat sommiges verontreg word.
Lees ook: ‘Kerk is g’n republiek waar die meerderheid besluit’
My hoop is dat meer predikante en kerkrade hulle aandag sal verskuif vanaf ’n vasgeloopte gesprek tussen mense wat aan standpunte en hulle eie sekerheid vasklou, en hulleself oopstel vir die geskenke wat LGBTQI+ mense het om te bied.
Die grootste geskenk wat ek as gay bedienaar van die Woord aan ander kan gee, is die wete dat God my lief het. Bondgenote het die weg oopgebaan tot hier, sodat ek ook die mag van ’n amp kan beklee, en dit aan ander kan verkondig. Tog het ons nog ’n baie ver pad om te stap in die NG Kerk voor LGBTQI+ mense tot hulle reg kom. Die tydsgees vra dalk dat LGBTQI+ bondgenote opnuut besin hoe verbondenheid en die aanwend van mag ter wille van ander lyk.
So word die Woord van God nie net lewend nie, maar word dit beliggaam.
Bondgenote, kom ons gesels?

Ek wonder regtig hoekom soveel tyd aan die onderwerp spandeer moet word. Is dit om ander se waarheid te buig of te breek?, en soms is ek skepties oor die ware gesindheid van die LGBTQI+ gemeenskap. Daar is ‘n vyhandigheid (opgedis met stroperigheid) teenoor die wie nie denke van die LGBTQI+ gemeenskap erken nie.
Seks is geweldig kragtig en ek dink die lengtes waartoe mense hulle self loslaat is skokkend om die minste te se. Mens het die vermoe om met sy seksualiteit te maak wat hy wil. Die + agter LGBTQI getuig daarvan. ‘n Konserwatiewe heteroseksuele kan verander, gee hom net die regte stimulasie.. Die gay persoon kan verander , die getuienis daarvan is vollop, Ek weet die gay gemeenskap se verweer is dat dit net oor oor seks gaan nie.
Van die skepping tot die instelling van huwelik tussen man en vrou is God se plan duidelik met die verhouding tussen man en vrou en ek hoef my nie uitmekaar te skeur om dit te verstaan nie. Selfs sonder die gewraakte verse is God se boedoeling duidelik, maar ek wil asb. nie oorkom as ‘n Bible puncher nie. Alles gaan oor die toestand van die hart en die oomblik as ons die ruimte verlaat , gaan ons mekaar vertrap.
Ek kan my vereenselwig met Charles Spurgeon toe hy gese het “Have you no wish for others to be saved , then you are not saved , be sure of that ” ..Dit is die toestand van my hart vir enige mens en nie die een van oordeel nie.
Diere kan na hulself kyk, beter as die mense. Die mens is ‘n geweldige komplekse skepping en kan hy eintlik nie homself bestuur nie. Ons is net eenvoudig te korrup. Ons peuter uit rebelsheid met dit wat God verafsku.
Om te buig onder Sy gesag en om hom toe te laat om my deur die Gees van waarheid te bestuur het ek sekerheid ontvang, ook daar waar die krag van seksualiteit soms met my weg gepeuter het. Daar waar ek moet afstand doen van my vlees wat konstant teen die wil van God rebelleer. Daar waar ek nie meer ‘n god is nie ..
Ons stoei met die ongefiltreerde konkoksie van ons eie godheid .Net die Heilige Gees kan waarheid bevestig saam met die Woord. Nie ons nie.
The character of man is determined by how much truth he can endure .
Van vasgelooptheid oor Skrifbeskouimg na vasgelooptheid oor ampsbeskouing: die mag van die amp teenoor die amp as diens. Leslie Newbegin: “When the Church tries to embody the rule of God in the forms of earthly power it may achieve that power, but it is no longer a sign of the kingdom … A person who wields power cannot see truth; that is the privilege of the powerless.”
Lees gerus ons kommentaarbeleid by hierdie skakel: https://kerkbode.christians.co.za/kommentaarbeleid/
Let ook dat kommentaar nie onmiddellik verskyn nie. – Red.
Moet die magsmisbruik waarvan behoudende leraars beskuldig word, dan vervang word met die mag van ander wat nie kans sien om tuis te kom in die heiligheid van God nie?