Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK MEMEL

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Sluitingsdatum: 15 April 2022


Die vakante pos is ’n voltyds-onbepaalde pos, maar die kerkraad het toestemming van die ring verkry om ook oorweging te skenk aan aansoeke van leraars wat sou verkies om ’n deeltyds-onbepaalde pos te beklee. Indien van toepassing kan die pos sodanig aangepas word na onderhandelinge, onderhewig aan die verdere goedkeuring van die ring.

Gemeenteprofiel

  • Memel is ’n plattelandse gemeente geleë in die Noord-Oos Vrystaat en is deel van die Ring van Harrismith.
  • Die gemeente bestaan uit 132 belydende lidmate en 40 dooplidmate.
  • Die karakter van die gemeente is sterk behoudend met ’n gereformeerde spiritualiteit en ’n hoë premie word op Skrifgetroue prediking geplaas.
  • Die gemeente is ’n tipiese plattelandse gemeente en bestaan uit ongeveer 50% ouer lidmate bo 50 jaar en 50% lidmate onder die ouderdom van 50 jaar.
  • In die gemeenskap van Memel is ’n privaat laerskool tot en met graad 7 van hoogstaande gehalte met verskeie goeie hoërskole in die nabye omgewing wat op Maandae en Vrydae ’n busdiens verskaf na Memel.

 

Leraarsprofiel

In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar:

  • Iemand wees wat die Here liefhet en ’n roeping het om in sy diens te staan.
  • Entoesiasties wees oor gereformeerde Skrifgetroue prediking.
  • ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees.
  • Pastorale versorging belangrik ag en huisbesoek as ’n prioriteit beskou, ook op die plase.
  • Leiding kan neem en met die kerkraad en gemeente as span kan saamwerk.
  • Rekenaartegnologie en ander digitale media in sy bediening kan gebruik.
  • Jeug en jongmense kan inspireer om betrokke te wees by die kerk, maar ook die behoeftes van ouer mense kan aanspreek.

 

Vergoeding

  • Vergoeding en byvoordele sal tydens ’n onderhoud verstrek word, gebaseer op sinodale skale.
  • Die gemeente beskik oor ’n pastorie.

 

Aansoeke

Stuur volledige elektroniese CV met drie toepaslike referente aan:

Die skriba by ngkmemel@zippnorth.co.za en die hoofouderling by boshoekpaulvn@gmail.com

Geselekteerde kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude in die week en ’n preekbeurt op Sondag.

 

Sluitingsdatum: 15 April 2022.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik na die onderhandeling.

 

NAVRAE: SKRIBA: Elize Otto 072 122 1315.

                 LEIEROUDERLING Paul van Niekerk 082 577 6556.

 

Die kerkraad hou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.