Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: LERAARSPOS: 3 JAAR VASTETERMYNPOS
- Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Maart 2022
Die kerkraad van NG Gemeente Primrose-Oos maak in biddende afhanklikheid
bogenoemde vakature bekend wat vanaf 1 Mei 2022 gevul moet word.
Gemeenteprofiel:
Primrose-Oos gemeente is ’n voorstedelike gemeente in Primrose, Germiston met 528 belydende lidmate en 124 dooplidmate. 70% van die belydende lidmate is onder 60 jaar oud. Die gemeente bestaan uit 16 wyke.
Die gemeente beskik oor ’n aktiewe Manne- en Vroueaksie met beplanning aan die gang vir ’n Bejaarde-aksie en Jongmensaksie.
Die gemeente het ’n aktiewe kerkraad met 15 diakens en 27 ouderlinge. Die kerkraad is redelik progressief in hulle denke wanneer dit kom by die bestuur van die gemeente, met sommige ouderlinge wat direk aangestel is vir spesiale opdragte en het dus nie ’n wyk nie.
Die erediens is die hart van die gemeente met dinamiese en Skrifgetroue prediking en fantastiese musiekbegeleiding.
Leraarsprofiel:
- Gelegitimeer deur die NG Kerk.
- Pligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
- Skrifgetroue, gereformeerde en dinamiese prediking.
- Menseverhoudinge kan bou en onderhou, ook deur huis- en siekebesoek te doen.
- Alle ander verantwoordelikhede soos van tyd tot tyd deur die kerkraad bepaal.
- Sterk leierseienskappe.
- Innoverende denke, gesien in die lig van die huidige pandemie.
Vergoeding:
’n Vergoedingspakket van R390 000 (TKVI) word aangebied. Hierdie pakket sluit nie ’n pastorie in nie en ’n behuisingstoelaag is ingesluit by die vergoedingspakket.
Aansoeke:
- Aansoeke, met ’n volledige CV, moet gerig word aan: Die voorsitter van die kerkraad by primoosngk@gmail.com
- Aansoekers wat die kortlys haal, sal gekontak word vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt.
- Navrae kan gerig word aan die voorsitter van die kerkraad Hennie Espag 083 307 8233 of die huidige leraar ds Danie Oosthuizen 083 290 0209.
- Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Maart 2022.
