Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Stellenberg-gemeente

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature vir ’n voltydse medeleraar met die fokus op die jeug

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Maart 2022

Datum van diensaanvaarding: 1 Julie 2022


Het jy ’n passie vir jongmense en is jy lief vir Jesus? Dan is hierdie die geleentheid om jou passie voluit in Stellenberg-gemeente te kom uitleef.

Stellenberg-gemeente is ’n makrogemeente op die grens tussen Bellville en Durbanville. Dit is ons fokus om, net soos ons omliggende gemeenskap, voortdurend te vernuwe en te verander deur die Bybel op ’n praktiese manier te ontdek en uit te leef. Die gemeente bestaan uit die volle spektrum van ouderdomsgroepe en het ’n dinamiese jeugbediening. Ons strewe daarna om Jesus in ander raak te sien en te leer om sy hande en voete in ons nabye omgewing, asook oor grense heen te wees.

Die suksesvolle kandidaat moet kan leiding neem om die jeugbediening tot nuwe hoogtes te voer. Hy of sy moet onder andere ’n span vrywilligers identifiseer en as gids optree om hulle te motiveer en te inspireer sodat hulle deur die bou van verhoudinge en geestelike begeleiding die jongmense in ons gemeente kan lei en ondersteun om in ’n verhouding met die Here te leef. Die suksesvolle kandidaat sal ook as lid van die leraarspan bereid en in staat moet wees om die groter gemeente, soos nodig, te bedien.

Die volgende kenmerke sal in die aansoeker se guns tel:

  • ’n Opregte verhouding met die Here, gewortel in sy Woord.
  • ’n Passie vir die bediening van die Woord aan jongmense, kinders en hulle ouers.
  • ’n Toeganklike, nederige en opregte persoon met integriteit.
  • Die vermoë om die visie van die jeugbediening met behulp van sosiale media en tegnologie te implementeer.
  • ’n Persoon met ’n inklusiewe ingesteldheid, wat graag ruimte skep vir ’n diverse groep jongmense.
  • ’n Gelegitimeerde predikant in die NG Kerk of VG Kerk met minimum drie jaar ondervinding.
  • Beskik oor leierseienskappe om mense te bestuur en self ook binne ’n span te kan funksioneer.
  • Jonk van gees, energiek, gemotiveerd en kan onafhanklik werk.
  • Jou hart weerspieël en verteenwoordig die waardes en visie van Stellenberg.

’n Vergoedingspakket ooreenkomstig die sinodale riglyne, word aangebied. As hierdie advertensie tot jou spreek, nooi ons jou om aansoek te doen, terwyl ons biddend in geloof wag dat die Here die regte persoon na ons toe stuur. Laai die aansoekvorm af deur op een van die onderstaande skakels te klik, of besoek ons webwerf by https://www.stellenberg.co.za/algemeen/vakature-vir-n-voltydse-leraar/.

Aansoekvorm in Word

Aansoekvorm in PDF

Stuur die voltooide aansoekvorm (maksimum ses bladsye ) aan odette@stellenberg.co.za.

Vir meer inligting, skakel ds Marius Breytenbach by 082 376 6053.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.