Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die boek "verwys na die wens wat ouers het om saam met hulle kind op avonture te gaan. Dit vang die eenvoud van gesinslewe vas sonder om aanneming op te hemel," skryf Tilana Meyer-Morkel in haar resensie van 'Jy is ’n wens'.

Aanneming word hier genormaliseer eerder as opgehemel

Jy is ’n wens deur Jaco Jacobs, geïllustreer deur Tumi K Steyn

Uitgewer: Pan Macmillan, 2022

Resensent: Tilana Meyer-Morkel

 

Jaco Jacobs se Jy is ’n wens is ’n aangrypende boek wat die diversiteit en eenvoud van die wens vir ’n kind deur aanneming vasvang.

 

Hierdie boek, saam met die kleurryke (letterlik en metafories) illustrasies deur Tumi K Steyn is ’n waardevolle hulpmiddel vir aanneemouers en -kinders om hulle gesin se ontstaan te bewoord.

 

Elke ouer wens min of meer vir dieselfde ding wanneer daar beplan word om ’n gesin te begin: ’n lewe vol gedeelde ervarings en herinneringe. So is dit presies ook vir gesinne wat deur aanneming ontstaan het! Dit is wat hierdie boek so besonders maak. Dit verwys na die kind as ’n wens, maar nie as ’n wyse waarop ouers “heel” word, “vervul” word of die “wêreld verander nie”. Nee, bloot ’n wens om die gewone lekkertes van die gewone lewe met ’n kind te deel.

 

Jy is ’n wens verwys na die wens wat ouers het om saam met hulle kind op avonture te gaan. Dit vang die eenvoud van gesinslewe saam waar kinders die lepels aflek wanneer daar koek gebak word en daar selfs ruimte is vir kwaad en hartseer wees. Jaco Jacobs kry dit reg om nie aanneming op te hemel nie, maar dit eerder te normaliseer deur na gewone kind-ouer-ervarings te verwys.

 

As ’n gesin wat deur aanneming bymekaargebring is, is die viering van diversiteit ons hoogste prioriteit en belangrikste waarde. Hierdie boek help ons as ouers nie net hiermee nie, maar maak ons opnuut bewus van hoeveel verskillende gesinsverhale daar buite is. Ek sal hierdie boek vir enige gesin wat diversiteit hoog ag aanbeveel en hoop dat dit sommer vinnig tot diep gesprekke lei. ’n Waardevolle toevoeging tot ons gesin se boekrak!

 

Beskikbaar vir ongeveer R150 by die meeste boekwinkels.

  • Ds Tilana Meyer-Morkel is ’n nuwe mamma en leraar by Paarl-Vallei Gemeente.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top