Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Aberdeen: Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG GEMEENTE ABERDEEN

VAKATURE: LERAAR (VASTE/DEELTYDSE TERMYNPOS VIR ONGEVEER TWEE JAAR)

SLUITINGSDATUM: 30 APRIL 2022.

 

GEMEENTEPROFIEL:

Aberdeen is ’n plattelandse gemeente in die hart van die Groot-Karoo en lê 55 km vanaf Graaff-Reinet, 114 km vanaf Willowmore en 150 km vanaf Beaufort-Wes. Die gemeente het ongeveer 252 belydende lidmate en 66 dooplidmate wat woon in ses dorpswyke, vier plaaswyke asook die Tehuis vir Bejaardes.

LERAARSPROFIEL:

Die gemeenskap het ’n behoefte aan ’n leraar wat begrip en liefde sal toon vir ’n plattelandse gemeenskap se unieke behoeftes en omstandighede.

PLIGTE:

  • Die kandidaat moet ’n energieke motiveerder wees wat die gemeente kan lei tot ’n aktiewe dienende gemeente.
  • Hy/sy moet die Here liefhê en dit beskou as ’n roeping om in sy diens te staan.
  • Hy/sy moet Skrifgetroue Woordverkondiging en standpunte kan inneem vanuit ’n gereformeerde leer, veral ten opsigte van sake soos die bestaan van die duiwel, die maagdelike geboorte, opstanding, hemelvaart en wederkoms van Jesus Christus en dat Hy die enigste Verlosser van die wêreld is.
  • Die drie belydenisskrifte van die gereformeerde leer onderskryf en glo.
  • Passievol wees met die aanbieding van eredienste.
  • Alle aspekte van pastorale versorging kan nakom.
  • Beskik oor goeie leierseienskappe en besluitneming om die gemeente in alle fasette (eredienste, kategese, Bybelstudie, gemeentelike bedieninge, ens) te laat groei en bewerkstellig.

 

VERGOEDINGSPAKKET:

R271,665.00 per jaar bestaande uit:

  • 200 liter brandstof.
  • Gratis huisvesting (ruim pastorie).
  • Gratis water en elektrisiteit.
  • Instandhouding van huis en tuin.
  • Telefoon vir amptelike gebruik.
  • Netto salaris van R12 000,00 per maand.
  • 13de Tjek van R15 000,00.
  • Ekstra insentief sal bespreek word vir die geskikte kandidaat.

Aansoeke word ingewag deur ’n volledige CV met drie toepaslike referente en kontakbesonderhede te e-pos aan die hoofouderling, Danie van der Westhuizen, (e-pos: veepos1965@gmail.com)

Sluitingsdatum: 30 April 2022.

Diensaanvaarding: 1 Julie 2022.

 

NAVRAE:

  1. Glynis Luiters, glynisluiters01@gmail.com
  2. Danie van der Westhuizen, sel: 079 699 0869.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top