Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
NG GEMEENTE KROKODILRIVIER, BRITS
Vakature vir ’n leraar
Gemeenteprofiel
Die gemeente Krokodilrivier bestaan sedert 1914 en het ’n baie mooi en ryk geskiedenis. Dit is een van drie NG gemeentes binne die dorpsgrense van Brits. Die dorp word omring deur ’n welvarende landbou-, nywerheids- en myngemeenskap. Die dorp lê op die drumpel van Gauteng – ongeveer 60 tot 70 km vanaf Pretoria en Johannesburg. Binne die bedieningsveld van die gemeente is daar verskeie uitstekende laerskole en twee groot hoërskole; Hoërskool Wagpos en Hoërskool Brits (nommer een in Noordwes-Provinsie).
In biddende afhanklikheid van die Here, nooi die Gemeente Krokodilrivier u uit om aansoek te doen vir ’n voltydse leraarspos wat alle leraarspligte volgens Art 9 van die Kerkorde insluit.
Die gemeente bestaan uit 1 084 belydende en 233 dooplidmate.
Leraarsprofiel
Die gemeente van Krokodilrivier het ’n behoefte aan ’n leraar
- wat ’n toegewyde kind van die Here is,
- iemand wat ’n fokus en passie het op spesifiek gesins- en familiebediening,
- ’n hart het vir huisbesoek,
- ’n passie vir verantwoordelike vernuwing het,
- ’n spanwerker wat gemaklik is met die verskillende bedieningstyle.
Voordele
- Vergoeding volgens die sinodale skaal.
- Reiskoste en ander toelaes word betaal.
- ’n Ten volle gediensde, ruim en goed onderhoude pastorie word voorsien.
Aansoeke
U aansoek moet vergesel word van ’n CV nie langer nie as twee A4-bladsye met drie verwysings.
Rig alle aansoeke aan: kantoor@ngkrokodilrivier.co.za
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt gedurende April/Mei 2022.
Aansoeke sluit om 13:00 op 11 April 2022.
