Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Standerton-Wes (Dolerend): Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG Gemeente Standerton-Wes (Dolerend)

Vakature: Leraar

(Kontrakpos vir vyf jaar met opsie om te verleng)

Die kerkraad en gemeentelede van die NG Gemeente Standerton-Wes is opgewonde om die vakature vir ’n leraar bekend te maak!

Ons is die gemeente waar gewone mense soos jy graag aanbid.

Ons wil ’n jonger leraar die kans bied om ons vir ten minste vyf jaar te kom begelei in die suiwer Woord van God.

Ons gemeente is sterk behoudend met ’n gereformeerde spiritualiteit wat heerlik sing en saam kan werk.

Ons wil graag goedvoorbereide, Skrifgetroue prediking hoor wat getuig van die prediker se opregte liefde vir Jesus Christus, sy Woord en sy mense.

Die gemeente is een van drie NG gemeentes in die dorp en is ’n tipiese plattelandse, eenmansgemeente met sowat 300 belydende en 60 dooplidmate.

Ons versoek leraars, verkieslik nie ouer as 40 jaar nie, wat hulleself tuis sien op die platteland met sy eie uitdagings, om asseblief vir ons ’n volledige curriculum vitae te e-pos (nie meer as vier getikte A4-bladsye nie) waarin jy ons meer van jouself en jou passies vertel.

Dit sal ook lekker wees om na een van jou preke te luister/kyk.

Ons vra ook die name en kontakbesonderhede van ten minste vier referente, veral uit huidige of vorige gemeentes.

As jy ook opgewonde is oor die kerk van die Here in hierdie nuwe tyd, hoor ons graag van jou! by: ngstandertonwes@standerton.net en/of henkboshoff6@gmail.com

Artikel 9 van die Kerkorde sal die basis vorm vir die ooreenkoms en die toepaslike sinodale skaal asook ’n pragtige pastorie en tuin (met gebruiklike voordele) is die riglyn vir ons aanbod aan die suksesvolle nuwe leraar.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n beroep uit te bring op een van die persone wat aansoek doen nie.

Sluitingsdatum: Vrydag 22 April 2022 om 12:00.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top