Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE HOPETOWN (Noord-Kaap)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE GEMEENTELERAAR

Aansoeke: Sluitingsdatum – 30 APRIL 2022


Gemeenteprofiel

Die NG Gemeente te Hopetown wag in biddende afhanklikheid, aansoeke in vir ’n voltydse leraarspos.

Hopetown is geleë langs die Oranjerivier teen die N12 sowat 120 km suid van Kimberley en vorm deel van die Ring van HOPETOWN. Dit is ’n plattelandse Afrikaanssprekende gemeenskap met ’n groot landbou-omgewing wat bestaan uit vee- en besproeiingsboere. Die gemeente bestaan uit 458 belydende lidmate (19-45 jr 39,5%, 46-59 jr 25,6%, 60 jr+ 34,9%) en 143 dooplidmate (0-13 jr – 72,9%, 14-18 jr – 27,1%).

 

Ons is ’n missionale gemeente wat uitreik na ons naaste en streef daarna om ons visie uit te leef: Geroep om gestuurdes van die Here na die wêreld te wees.

 

Die tehuis vir bejaardes (Silwerhof) val binne die gemeentegrense. Op die kerkterrein word ’n vroeëkinderontwikkelingsentrum in samewerking met Caritas (Kimberley) al vir 10 jaar bedryf, met mooi suksesverhale.

 

Leraarsprofiel

Gelegitimeerde NG Kerk predikante word genooi om aansoek te doen.

– Kreatiewe dinamiese persoon wat beskik oor tegnologiese sowel as bestuursvaardighede.

– Geestelike en emosioneel volwasse persoon wat nie bedreig voel deur verandering en meningsverskille binne die strategie van die gemeente nie.

– Gesonde, deelnemende, besorgde en liefdevolle menseverhoudinge.

– Toewyding aan sy roeping en die Skrif as enigste onfeilbare Woord van God met Woordgetroue, inspirerende en verstaanbare prediking.

– Goeie kommunikasie- en probleemoplossingsvaardighede.

– Passie vir die geestelike versorging van die gemeente en wat met entoesiasme leiding, motivering en samewerking kan bewerkstellig.

– ’n Energieke persoon met kreatiewe en vernuwende denke met respek vir tradisies en ’n passie vir die diversiteit van ’n plattelandse gemeente.

 

Vergoedingspakket: Binne die sinodale riglyne.

  Huisvesting in pastorie.

 

Aansoeke: Sluitingsdatum – 30 APRIL 2022.

U aansoek moet asb die volgende insluit: 

– Volledige CV met minstens drie referente.

– Van alle aansoekers sal verwag word om ’n toepaslike vraelys te voltooi wat u by die kerkkantoor kan aanvra en saam met u aansoek stuur na:

E-pos: nghopetown@telkomsa.net EN mariskarossouw121@gmail.com

– Erasmusstraat 14, Hopetown 8750.

 

Navrae: Riaan Badenhorst – Voorsitter van die kerkraad (082 498 3662).

              Mariska Rossouw – Gemeentebestuurder (079 555 3174).

 

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.