Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE VOSBURG (Noord-Kaap)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

In biddende afhanklikheid nooi die NG Kerk Vosburg alle gelegitimeerde leraars om aansoek te doen vir die onderstaande pos.

 

VAKATURE: 2 JAAR VASTETERMYNPOS VIR LERAAR

SLUITINGSDATUM: 13 Mei 2022

 

GEMEENTEPROFIEL:

’n Rustige landelike atmosfeer geleë in die Bo-Karoo waar hoofsaaklik skaapboerdery bedryf word. Die dorp en gemeente is in 1895 gestig en is verder in drie plaaswyke en twee dorpswyke verdeel. Die pragtige NG kerkgebou is in 1978 as nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

 

Daar is tans 111 belydende lidmate en 29 dooplidmate waarvan ongeveer 30% ouer as 60 jaar is. Talle jonger mense vestig hulle nou in die boerdery en brei die gemeente sodoende uit.

 

LERAARSPROFIEL:

Huis- en pastorale besoeke is ’n prioriteit.

Meelewend en aanpasbaar in die breër gemeenskap wees.

Aanvoeling hê vir vernuwende en Woordgetroue prediking.

 

VERGOEDING:

’n Vergoedingspakket van R270 000,00 word aangebied asook ’n ruim pastorie.

 

AANSOEKE:

Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van minstens twee referente. Kandidate op die kortlys kan vir ’n onderhoud en preekbeurt genooi word.

Rig aansoeke aan: Die Kerkraad:

E-pos: vosburgngk@gmail.com

 

SLUITINGSDATUM: 13 Mei 2022.

 

NAVRAE: Louis van der Merwe, 082 578 7603.

 

Die kerkraad behou die reg voor om, sonder opgaaf van redes, geen aanstelling te maak uit die aansoeke ontvang nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.