Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG WALVISBAAI MOEDERGEMEENTE

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: LERAARSPOS

SLUITINGSDATUM: 17 April 2022.


VISIE: CHRISTUS IS DIE HERE IN WIE SE DIENS ONS STAAN

Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here op aansoeke vanaf gelegitimeerde NG Kerk predikante om die onderstaande vakature so spoedig moontlik te vul.

.

GEMEENTEPROFIEL:

Walvisbaai is geleë aan die weskus van Namibië, ’n groeiende hawedorp met groot industrieë. Die NG Moedergemeente Walvisbaai is een van twee NG gemeentes in die dorp en bestaan reeds vir bykans 70 jaar. Die gemeente bestaan uit 369 belydende lidmate en 105 dooplidmate.  Binne gemeentegrense is ’n aftreeoord met ’n versorgingseenheid.

Binne die gemeente funksioneer volgende bedieninge, naamlik: gemeente (blokke/wyke), gesin, jeug, bejaardes, jong volwassenes, Diens van Barmhartigheid, voorsang, vrouediens en Biblia.

Die Biblia hawebediening is ʼn sendingaksie en die leraar spandeer ʼn deel van sy tyd aan bediening op skepe en by werkplekke. 

 

VERGOEDING:

Volgens sinodale skaal wat gratis pastorie insluit, maar keuse van behuisingsubsidie bestaan ook.

 

LERAARSPROFIEL:

Iemand wat lief is vir die Here en baie tyd in gebed spandeer.

Iemand wat die volkome gesag van die Bybel eerbiedig en baie tyd met die Woord spandeer. 

Iemand wat passievol is vir sending en evangelisasie waarvoor die gemeente ʼn sterk roeping het.

Die leraar moet oor die roeping en gawes beskik om mense van diverse groepe en alle ouderdomme lief te hê, te bedien en te betrek. 

Goeie elektroniese-medium vaardighede is belangrik ter wille van mediagebruik in die erediens, kommunikasie met die gemeente, aanlynteenwoordigheid en bediening van die gemeente.

Artikel 9 van die kerkorde vorm die basis van die leraar se voorgestelde dienskontrak.

Leraar moet volle ampsbevoegdheid hê in die NG Kerk.

 

AANSOEKE:

’n CV moet vergesel wees van vier referente met kontakbesonderhede.

Stuur ’n kort CV aan e-pos: skriba@iway.na of faks na +264 64 202286 (kerkkantoor).

Kandidate mag gevra word om psigometriese toetse af te lê.

SLUITINGSDATUM: 17 April 2022.

NAVRAE:

Pieter du Toit +264 64 081 271 7334 (sel)

Marelize Visser Kantoorure (08:00-13:00) by +264 64 202511

Aansoekers en hulle gade moet beskikbaar wees vir onderhoude en preke te Walvisbaai.

Die Kerkraad behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.