Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: Voltydse medeleraar
Sluitingsdatum: Vrydag, 29 April 2022
Gemeenteprofiel:
Die NG Gemeente Somerset-Oos is 180 km noord van Port Elizabeth geleë in ’n dinamiese en diverse plattelandse gemeenskap. Die gemeente bestaan uit sewe dorpswyke en sewe plaaswyke. Die gemeente het ongeveer 726 belydende en 258 dooplidmate. ’n Beduidende groep van ons lidmate is jonger gesinne in die ouderdomsgroep 30-50 jaar.
Die gemeente is bo en behalwe die Covid-19-pandemie deur ’n baie moeilike en spanningsvolle tyd, waar die drie voltydse leraars almal weg is by die gemeente. Gevolglik is die gemeente begelei deur ’n brugleraar tot middel Februarie 2022, waarna die kerkraad besluit het om met die goedkeuring van die Ring van Albanie, waarvan hierdie gemeente deel vorm, twee leraarsposte te skep. Die eerste leraarspos is gevul vanaf 1 Maart 2022. Die tweede leraarspos moet gevul word om sodoende die gemeente te help in hulle strewe om ’n herstelde gemeenskap in Christus te bou met die fokus op:
- Afhanklikheid van die Here
- Gasvryheid teenoor alle mense
- Relevant te wees in die Somerset-Oos gemeenskap
Leraarsprofiel:
In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde is die kernvereistes waaraan die suksesvolle kandidaat moet voldoen:
- Iemand wat die Here liefhet en ’n roeping het om hierdie gemeente te help om nuut te begin.
- ’n Gelegitimeerde van die NG Kerkfamilie.
- Ten minste vyf jaar bedieningservaring.
- Vaardighede sluit in inklusiewe verhoudingsbou, bemagting, visionering en dinamiese leier wat in spanverband kan werk.
- Selfaangedrewe (neem inisiatief, is energiek en entoesiasties).
- Verder moet hy/sy die gemeente help met die uitbou van die prosesse wat reeds begin het, onder die leiding van die brugproses. Hiervoor is ’n dinamiese persoon nodig wat op ’n innoverende en kreatiewe wyse verbeteringe en veranderinge in die gemeente en gemeenskap sal kan aanbring.
Vergoeding:
Onderhandelbaar, volgens sinodale riglyne. Gratis huisvesting in ’n ruim pastorie word voorsien.
Aansoeke:
Aansoeke geskied op die voorgeskrewe aansoekvorm, vergesel van ’n volledige CV (maksimum drie (3) A4 bladsye) asook die kontakbesonderhede van drie referente. Die vorm is beskikbaar by die gemeentebestuurder mev Jolene du Plessis: ngkso@telkomsa.net
Kandidate wat oorweeg word, kan genooi word om te kom kuier vir ’n gesprek, preekbeurt of om ’n skakel na ’n aanlyn/YouTube preek te verskaf.
Die Pre-advies/Kerkraad behou die reg voor om self ook inligting aangaande die aansoeker in te win.
Sluitingsdatum: Vrydag, 29 April 2022.
Diensaanvaarding: Soos ooreengekom.
Vir enige navrae kontak:
Mev Jolene du Plessis: ngkso@telkomsa.net of skakel 042 243 2080 – Gemeentebestuurder.
Ds Wikus Venter: 078 800 3353 – Konsulent.
Mnr Prieur du Plessis: 071 977 8233 – Voorsitter van die kerkraad.
Die kerkraad behou die reg voor om geen van die aansoekers aan te stel nie.
Deur die indiening van hulle CV’s, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur NG Somerset-Oos gemeente vir die beroepingsproses gebruik kan word.
