Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE UITSIG-BLOEMFONTEIN

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG Gemeente Uitsig wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

VAKATURE: DEELTYDSE LERAARSPOS

Sluitingsdatum: 14 April 2022


Gemeenteprofiel: UITSIG is geleë in Uitsig-woonbuurt en is deel van die Ring van Suidoos-Bloemfontein. Uitsig is ’n vriendelike gemeente met oop arms en ’n oop hart – Almal is welkom. Van karakter is die gemeente sterk behoudend met gereformeerde spiritualiteit en stel ’n hoë premie op Skrifgetroue prediking. Die gemeente is ’n tipiese stedelike eenmansgemeente. Informele lofprysing. Goed gevestigde Sondagskool en belydenisklas na die erediens.

 

Leraarsprofiel: Iemand wees wat die Here liefhet en ’n roeping het om in sy diens te staan. ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees. Entoesiasties wees oor gereformeerde Skrifgetroue prediking. Leiding kan neem en met die kerkraad en gemeente as span kan saamwerk. Rekenaartegnologie en ander digitale media in sy bediening kan gebruik. Jeug kan inspireer om betrokke te wees by die kerk, maar wat ook die behoeftes van ouer mense kan aanspreek. Pastorale versorging as belangrik ag.

 

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Pligte soos vir ’n deeltydse (50/50) pos vereis.

 

Vergoeding en voordele:

  • Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
  • Die gemeente beskik nie oor ’n pastorie nie.

 

Aansoek: Stuur volledige CV met drie toepaslike referente (elektronies) na die skriba.

 

Sluitingsdatum: 14 April 2022.

Diensaanvaarding: 1 Junie 2022.

 

Navrae:

 

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.