Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
LOOPBAANGELEENTHEID – PERMANENTE AANSTELLING
DEELTYDSE DIENSLERAARPOS VIR JEUGBEDIENING
Sluitingsdatum vir aansoeke: 25 April 2022.
NG Gemeente Parkkruin Familiekerk wag aansoeke in vir die beskikbare permanente aanstelling van ’n deeltydse diensleraar vir die jeugbediening in die gemeente by NG Gemeente Parkkruin Familiekerk in Parkview, Johannesburg. Die pos fokus op die jeug se geestelike bediening met kerk, erediens, kategese en ander geestelik verrykende jeugaktiwiteite as prioriteit, in ooreenstemming met die gemeente se jeugstrategie.
Gemeenteprofiel: NG Gemeente Parkkruin Familiekerk is by uitstek ’n familiekerk en almal van jonk tot bejaard is welkom. Daar word elke Sondagoggend, parallel met die hoofdiens, ’n spesiale erediens vir die kinders gehou. Dit vind plaas in die kerksaal en word gelei deur ’n dominee wat veral onderleg is in jeugbediening. Ons glo in belewenis-gedrewe eredienste, waar mense uitstap met ’n geloofservaring eerder as ’n statiese boodskap. Ons glo dat die erediens ’n ontmoeting met God moet wees, asook ’n ontmoeting met medegelowiges. Ons fokus op kinders en die gesin, en ons probeer ’n gasvrye, vriendelike omgewing skep vir gemeentelede en besoekers. Musiek speel ook ’n belangrike rol in ons gemeente se bediening.
Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde van 2019 met ’n fokus op die NG Gemeente Parkkruin Familiekerk se jeugbediening. Pligte is gefokus op die jeugbediening soos vir ’n deeltydse diensleraarpos vereis en ’n dienslading van ongeveer 18 uur per week word voorsien. Die deeltydse diensleraar vir jeug is verantwoordelik vir die inkleding en leiding van jeug- en/of gesinsdienste van die gemeente, insluitende Woordverkondiging en leiding mbt die sang en musiek tydens hierdie dienste.
Pensioendraende vergoedingspakket: Totale koste van indiensnemingpakket (TKVI) is onderhandelbaar binne die sinodale riglyne en goedkeuring van die vergoeding van pos deur die Ring van Johannesburg as die raamwerk. Geen behuisingsvoordeel is ingesluit in die vergoedingspakket nie.
Aansoeke: Stuur asseblief ’n volledige CV met minstens drie kontakbare referente per e-pos aan die skriba van die gemeente, me Deonette van der Merwe, by kerkkantoor@parkkruin.co.za – navrae vir die meer gedetaileerde posbeskrywing kan ook aan die skriba gerig word of aan die voltydse leraar, ds Chris du Preez, by chris@parkkruin.co.za of die kerkraadvoorsitter, Willem Eksteen, by willem@stone.consulting.
Dui asseblief u beskikbaarheid aan vir preekbeurte gedurende die maand van Mei 2022 in u aansoek.
