Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK KING WILLIAM’S TOWN

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE GEMEENTELERAAR

Bepaalde termyn drie jaar

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 30 April 2022.


Die NG gemeente King William’s Town is deel van die Ring van Oos-Londen en is in die Oos-Kaapse Sinode.

 

GEMEENTEPROFIEL: Die NG gemeente King William’s Town is aan die voet van die pragtige Amatolaberg geleë, 50 km van Oos-Londen en deel van die Buffalostad Metropool. Naasliggend is Bisho, administratiewe hoofstad van die Oos-Kaap. King William’s Town het unieke uitdagings in ’n groot plattelandse dorp. Ons poog om ’n missionale gemeente te wees wat uitreik na ’n naaste en streef daarna om ons visie uit te leef: Christus ons lig vir almal. Ons probeer om ons gemeente se geboue en lidmate se gawes aan te wend om ons visie in ons gemeenskap en gemeente te laat realiseer. As gemeente is ons op soek na iemand wat ons visie- en missiedoelwitte verder kan neem. Ons is ’n klein hardwerkende gemeente wat bestaan uit 126 belydende en 31 dooplidmate.

 

LERAARSPLIGTE EN -PROFIEL:

  • Gewone predikantspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Begrip en passie hê vir die uitdagings van ’n plattelandse gemeente.

 

VERGOEDINGSPAKKET:

  • Vergoeding: R320 000,00 TKVI (Ingesluit in die pakket is reistoelaag, mediesefondsbydrae, pensioenfondsbydrae, en ander toelae/bydraes soos ooreengekom met die kerkraad).
  • Gratis huisvesting in ’n ruim pastorie (met swembad) word voorsien.
  • Pastorie met gratis munisipale dienste, water en alarmsisteem word voorsien.
  • Elektrisiteit vir die pastorie sal tot en met R1 500 (koopkrag) voorsien word.
  • Landlyn vir die pastorie sal voorsien word tot en met R600.
  • Reiskoste vir besoeke buite die gemeentegrense sal vergoed word volgens die tarief soos deur die sinode bepaal.

 

AANSOEKE moet vergesel wees van:

  • CV (drie bladsye) en kontakbesonderhede van twee onlangse referente.
  • Voorsien ons asseblief met skakels na u erediensopnames of aanlyn eredienste.
  • Indien kortlys gehaal word moet kandidate beskikbaar wees vir ’n onderhoud in Mei 2022.
  • U moet ook aanduiding gee van wanneer diens aanvaar kan word.
  • Stuur aansoeke per e-pos na die skriba.

 

DIENSAANVAARDING: Middel Junie 2022 of so spoedig as moontlik daarna.

 

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 30 April 2022.

 

KONTAKBESONDERHEDE:

Skriba: Carol Ann Bartlett, 043 642 1350, e-pos: ngk.kwt@gmail.com

Ouderling Johan de Jager, 079 891 6737, e-pos: rms@border.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.